• Tuisblad
  • Sport
  • Leeus se senters nogmaals geskommel teen die Kings
Leeus se senters nogmaals geskommelrteen die Kings
Leeus se senters nogmaals geskommelrteen die Kings

Leeus se senters nogmaals geskommel teen die Kings

Rugby
Andrew Poolman
Christo Buchner



Die Leeus moes vir 'n soveelste keer in vanjaar se Superrugby-reeks aan hul senterkombinasie torring.

Lionel Mapoe kon nie vir môre se stryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth oorweeg word nie en word deur Harold Vorster op buitesenter vervang.

Dis die enigste verandering aan die span wat verlede week teen die Reds begin het.

Mapoe het 'n haarlynfraktuur aan sy hand opgedoen teen die Reds en sien vandag 'n handspesialis, waarna bepaal sal word hoe lank hy buite aksie sal wees.

Vorster se sentermaat is die kragtige Springbok Rohan Janse van Rensburg. Dié duo was in die tweede week van die kompetisie, teen die Waratahs, ook sentermaats in die beginspan.

In die ander drie kragmetings het die senterpaar egter elke keer verskil. In week een was dit Howard Mnisi en Janse van Rensburg. Mnisi is toe beseer en gevolglik het Vorster en Janse van Rensburg

in week twee saamgespan.

In week drie, teen die Jaguares, was Harold Verster en Jacques Nel die senterpaar. Verlede week teen die Reds is 'n kombinasie van Janse van Rensburg en Mapoe toe op die proef gestel.

Warren Whiteley word die jongste in die lang lys Leeus wat hierdie seisoen hul 50ste Superwedstryd speel.

Akker van der Merwe is terug as reserwe-haker, terwyl die skrumskakel Dillon Smit sy kans kan kry.

Leeus: Andries Coetzee, Madosh Tambwe, Harold Vorster, Rohan Janse van Rensburg, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Faf de Klerk, Warren Whiteley (k), Ruan Ackermann, Jaco Kriel, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Reserwes: Akker van der Merwe, Sti Sithole, Hencus van Wyk, Lourens Erasmus, Kwagga Smith, Dillon Smit, Jacques Nel, Sylvian Mahuza.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer