Leeus se fiksheidsdata ‘jok’ toe nie
Rugby
Christo Buchner – Dit gaan klopdisselboom by die Leeus-oefeninge, sê Rupert Oberholster, dié rugbyspan se kondisioneringsafrigter.
“Daar is baie goeie energie en ’n hongerte om weer terug op die speelveld te kom,” vertel hy.
“Jy kan die amperse desperaatheid by die spelers aanvoel om weer wedstryde te kan speel.”
Volgens Oberholster is die spelers nog so ’n week en ’n half weg daarvan om weer in kontak-oefeninge betrokke te kan raak.
“Die protokol sal dan wees om so drie tot vier weke kontak te kan maak voordat daar weer wedstryde hier in Suid-Afrika gespeel kan word,” sê hy.
Dus sal die verwagting dan wees dat daar vroeg of teen die middel van September weer rugbywedstryde op plaaslike bodem gespeel word.
Oberholster erken die spelers het hom verbaas met hul fiksheidsvlakke toe daar so twee weke gelede teruggekeer is na die oefenveld.
“Jy weet nooit of die data wat hulle jou vooraf gegee het heeltemal korrek is nie, so ’n mens het nie regtig geweet wat om te verwag nie.
“Tog was ek aangenaam verras oor hoe fiks die spelers is. Daar is natuurlik enkele uitsonderings, wat spesiale aandag nodig het, maar in die geheel is die fiksheid van ’n baie hoë vlak.
“Van die manne het selfs hul beste tye in van die oefensessies gehardloop,” sê hy.
Oberholster erken dit het aanvanklik nogal ’n aanpassing geverg met die nuwe manier van oefen, met net vyf spelers in ’n groep.
“Jy moet dan heeltemal buite die boks dink en die beplanning vat langer. Dit was aanvanklik ook nodig om maar jou vinger op die pols te hou en die ouens gewoond te kry aan die protokolle rakende die virus-veiligheid. Daar is egter ’n baie positiewe ingesteldheid by al die spelers en almal is oop vir verandering,” sê hy.
Volgens hom is al die spelers wat voor die inperking met langtermyn-beserings gesukkel het weer in aksie en lyk hulle besonder goed.
Dit sluit die voormalige Leeus-kaptein en flank Jaco Kriel en die veelsydige agterspeler Gianni Lombard in.
“Daar is nou wel enkele ligte skete, maar geen groot beserings wat enigeen nog geruime tyd buite aksie gaan hou nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie