Leeus moet dié lekkende kraan regmaak
Superrugby
Christo Buchner - Die Leeus se verdediging in vanjaar se Superreeks is omtrent so 'n groot probleem soos 'n lekkende kraan in die Kaap.
Die statistieke vertel 'n verhaal van sy eie.
Waar die Leeus verlede seisoen in hul 15 ligawedstryde net 27 drieë afgestaan het, het hulle nou in net vyf wedstryde reeds 20 keer agter hul eie doellyn gestaan met die teenstanders wat gedruk het.
Dit is dus net sewe minder as wat in al die ligakragmetings in 2017 afgestaan is en hierdie seisoen is nog nie eens naby aan die halfpadmerk nie.
In hul laaste twee wedstryde alleen het die Leeus tien drieë afgestaan en is dit die rede hoekom die pap daar op die grond geval het en hulle ses ligapunte weggesmyt het.
Die Leeus kan nou maar sê wat hulle wil, maar nadat hulle met 28-10 voorgeloop het teen die Blues, moes hulle nooit verloor het nie. Trouens, dit moes beslis 'n wedstryd gewees het waar hulle vyf ligapunte verwerf het, eerder as die enkele punt om met minder as sewe te verloor het, waarmee hulle uiteindelik tevrede moes wees.
Selfs in hul naelskraapse sege die afgelope naweek oor die Sunwolves, wat laaste op die puntelys is, moes niks minder as 'n bonuspuntsege goed genoeg gewees het nie, veral nadat hulle self ses drieë gedruk het.
Dat die Sunwolves toegelaat is om vyf drieë te druk, is net nie goed genoeg vir die span wat nog steeds boaan die puntelys is nie.
“Ons moet meer koelkop op die verdediging wees,” gee die hoofafrigter, Swys de Bruin, toe.
“Ons moet ons strukture op die verdediging regkry en nie sulke maklike drieë teen ons toelaat nie. Daar is heeltemal té veel sagte oomblikke teen ons op die verdediging,” erken hy.
Met die verdedigingsafrigter van die afgelope paar seisoene, JP Ferreira, wat sy rugbyheil nou in die buiteland gaan soek het, het die mantel as verdedigingsafrigter op die skouers van Joey Mongalo geval.
Dit is alles goed en wel die Leeus speel die opwindende rugby wat hulle nastreef op die aanval, maar dan moet dit hand aan hand gaan met stewige verdediging en 'n gesonde balans.
'n Lang en moeilike res van die seisoen wag as die Leeus nie spoedig hul keerwerk opknap nie.
Waar die Leeus in 2017 gemiddeld minder as twee drieë (1.8) per wedstryd afgestaan het, staan hulle hierdie seisoen 'n gemiddeld van vier per wedstryd af.
Met hul aanvallende vermoëns is daar steeds niks fout nie, en is daar reeds 29 drieë in hierdie vyf wedstryde gedruk. In 2017 het hulle uiteindelik 81 drieë in hul 15 ligastryde gedruk en is hulle goed op pad om weer daarby uit te kom.
Die Leeus se lekkende kraan sal spoedig reggemaak moet word wat die verdediging betref, anders gaan al daardie drieë wat gedruk word niksseggend wees teen die einde van die seisoen.
Daar is genoeg bewyse oor die jare van Superrugby dat dit goeie verdediging is wat uiteindelik bepaal waar die trofee 'n tuiste kry.
Drie moeilike sendings wag nou op die Leeus, met 'n wegstryd in Buenos Aires teen die Jaguares, asook tuisstryde teen die omgekrapte Crusaders en die Stormers. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie