Leeus 'kan nie baie goed wees', reken Kiwi-skrywer
Superrugby
'n Nieu-Seelandse rugbyskrywer bevraagteken die deugde van die Leeus nadat die Johannesburgers Saterdag teen die Blues op Ellispark verloor het.
Swys de Bruin se span het die Superrugbyseisoen afgeskop met oorwinnings teen die Haaie (26-19, tuis), Jaguares (47-27, tuis) en Bulle (49-35, weg), maar het 'n sege teen die Blues weggesmyt.
Die Leeus het in stadiums gemaklik met 21-3 en 28-10 voorgeloop, maar hul onoorwonne rekord die seisoen lê aan skerwe nadat die Blues skitterend teruggeveg het in die tweede helfte om met 38-35 te seëvier.
Dit is die Blues se eerste oorwinning van die seisoen.
Die Leeus, wat verlede jaar die eindstryd gehaal het, is as een van die reeks se gunstelinge beskou, maar Saterdag se nederlaag het kritiek uit Nieu-Seeland ontlok.
Hamish Bidwell meen in sy rubriek vir stuff.co.nz die enigste rede hoekom die Leeus verlede jaar die eindstryd gehaal het, was danksy 'n gunstige loting.
“Dit is maklik om goed te lyk wanneer jy 'n maklike paadjie stap soos verlede jaar,” sê Bidwell.
“Die Leeus het nie teen 'n enkele Nieu-Seelandse span te staan gekom nie totdat die Hurricanes opgedaag het vir 'n halfeindstryd, kort nadat hulle die Brumbies in Canberra moes aandurf.
“Vergeet van die feit dat die Hurricanes met 24 ligapunte voor die Brumbies klaargemaak het; daar reis hulle na Suid-Afrika weens die absurde reëls wat daardie tyd toegepas is. Dat hulle nie in staat was om die Leeus te klop nie, was meer weens hul reisskedule as die gehalte van die oorwinnaars.”
Bidwell meen die Leeus gaan sukkel noudat hulle meer wedstryde teen Kiwi-teenstanders moet speel.
“Deur die Leeus met 38-35 op 'Fort Ellispark' te klop, sê of bewys niks van die Blues nie, maar sê baie van die span wat nie met 25 minute se speeltyd oor en 'n voorsprong van 28-10 die wedstryd kon beklink nie.
“Die vroeë dekking uit Suid-Afrika was propvol nonsens oor 'n opwindende skouspel, en na wat 'n gelykop onvoorspelbare reeks ons kan uitsien.
“Die waarheid is as die Leeus die Blues nie op Ellispark kan uitboul nie – met al die voordele (tuisveldvoordeel) wat daarmee gepaard gaan – kan hulle regtig nie baie goed wees nie.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie