Leeus in gesprek met Aussies oor reeks teen Bokke
Rugby
Die Springbokke teen die Britse en Ierse Leeus in Perth, Sydney en Brisbane.
Toe Rugby Australië (RA) in ’n verrassende wending sy naam in die hoed gegooi het as ’n gasheer vir die Bokke en die Leeus se toetsrugbyreeks, is dit as ’n vergesogte plan afgemaak.
’n Afvaardiging van die Leeus het egter gister met RA vergader om dié voorstel te bespreek.
Volgens bespiegelings is daar agter die skerms toenemende steun vir die toer Doer Onder.
Dié toer, die eerste in Suid-Afrika sedert 2009, is van 3 Julie tot 7 Augustus op die kalender ingevul, maar die moontlikheid raak al groter dat die toerspan sy wedstryde (in Suid-Afrika) weens die plaaslike Covid-19-situasie in leë stadions sal moet speel.
Daar is boonop onsekerheid of toeskouers die wedstryde sal kan bywoon indien die toer na die Verenigde Koninkryk en Ierland verskuif word.
Daar was sedertdien ook ’n “uitnodiging” om die reeks in die Verenigde Arabiese Emirate te speel, maar die Australiese voorstel kry glo veel groter steun.
Die Leeus en die Bokke sal hulle in bioborrels in Sydney of Perth voorberei en die drie toetse sal in stampvol stadions beslis kan word. Hamish McLennan, voorsitter van RA, het aan The Telegraph gesê vol stadions in Sydney en Perth sal haalbaar wees.
“Dit sal ongelooflik wees. Ek weet die inperking in die Verenigde Koninkryk is taai, maar die lewe hier in Sydney is grotendeels normaal. Ons sal dit met sukses kan aanbied.
“Die regering van Nieu-Suid-Wallis is daartoe verbind om sportbyeenkomste aan te bied en is waarskynlik die beste ter wêreld wat dit met welslae kan doen.
“Die spelers sal dit werklik geniet en ek is oortuig Suid-Afrika en die Leeus sal voel dit is in hul beste belang.
“Ons sal dit kan uitsorteer as ons teen April in kennis gestel word (om reëlings te begin tref).”
Gegewe die koste om die toer in die Verenigde Koninkryk te speel, sonder die vooruitsig van ondersteuners in die stadions, maak die toer minder lewensvatbaar.
Daar is ook reeds sprake dat Sky Sports, die toer se grootste kommersiële vennoot, op ’n verlaagde tarief kan aandring, gegewe dat ’n toer van Suid-Afrika “gekoop” is.
Per slot van sake moet die moontlike negatiewe effek daarvan op die tradisie van die Leeus ook in ag geneem word.
Die Leeus se legendariese oudkaptein Willie John McBride maan dit sal “die toer-etos van die Leeus vir altyd skade berokken” as dit ’n tuisreeks word.
Dit raak ’n stryd teen tyd en dit is glo waarom daar meer gunstig na die Australiese aanbod gekyk word.
Die stadions wat in RA se voorlegging genoem word, is Perth se Optus-stadion met sitplek vir 65 000 toeskouers, die Suncorp-stadion in Brisbane (52 500) en Sydney se nasionale stadion (83 500).
– Netwerk24
FOTO
Hamish McLennan, voorsitter van Rugby Australië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie