Leeus glo nog hulle kan Bok-breker Marx behou
Rugby
Christo Buchner – Die Leeus se Rugbyunie is nog besig om met die Springbok-haker Malcolm Marx en sy agent te onderhandel om hom vir die Rooibontes te behou.
Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, het bevestig daar is Dinsdagmiddag samesprekings met Marx en sy agent gevoer, maar dis nog nie afgehandel nie.
Marx is een van verskeie spelers wat die 21-dae-klousule gebruik het om uit sy kontrak te kom met die Leeus en hy het glo ’n kontrak met ’n Japannese klub gesluit.
Die Leeus betwis egter die wettigheid hiervan. Hulle het hom verlof toegestaan om in die eerste helfte van die jaar in Japan vir die Shining Arcs te gaan speel, maar hy sou van 1 Julie af weer ’n wettige kontrak met die Johannesburgse unie gehad het.
Die vraag is dus of hy ’n kontrak kon opsê wat tegnies nog nie in werking getree het nie.
In hierdie stadium poog Straeuli en die Leeus om die saak onderling tussen hulle en Marx en sy agent op te los.
Dit is egter wel duidelik dat die Leeus dit graag sal wil afhandel sonder dat dit op ’n regsgeding uitloop.
Op die vraag of dit werklik sin maak om ’n speler wat dalk nie meer by die unie wil wees nie, teen sy wens daar te hou net omdat daar ’n geldige kontrak met hom is, het Straeuli gesê: “Dit is altyd ’n goeie debat. Die vraag wat gevra moet word is of dit ’n geval is dat die agent net wil sien sy speler skuif sodat hy kommissie op die nuwe kontrak kan maak, of wil die speler self regtig daardie skuif maak.
“Dit moet dus iets wees waarmee alle partye hul bevrediging kan kry. Ek self voel Malcolm sal steeds graag ’n Leeu wil wees en is vol vertroue dat hy by ons sal bly.”
Straeuli het ook gesê dit is nodig dat die spelersagente by die voorgeskrewe regulasies hou.
Hy het bevestig dat daar met sekere spelers van anderkant die Jukskeirivier by die Blou Bulle gesels word om hul rugby in die toekoms by die Leeus te speel.
Hoewel hy nie enige name wou noem nie, is die Bulle-kaptein en senter, Burger Odendaal, se naam wel al genoem.
Straeuli het juis Woensdag bevestig dat senter een van die posisies is wat die Leeus bekyk om hul geledere te versterk.
Die ander wat hy uitgesonder het, is heelagter, slot en ’n sewe-flank.
“Sou dit gebeur dat Malcolm (Marx) wel loop, sal ons dan beslis ook na haker kyk, want dit is vir ons ’n baie belangrike posisie,” het hy gesê.
Straeuli het ook bevestig dat Ellispark ook Woensdag ontsmet sou word en dat alles by die unie gedoen word om te verseker dat die koronavirus nie daar enige vatplek kan kry nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie