Leeus: Andries wil nie stagneer op heelagter

08 March 2018 | Sport
Christo Buchner



Een van Swys de Bruin se gunste­ling-sêgoed aan sy spelers is “geen tyding is goeie tyding”.

“Daarom is dit eintlik goed as hy nie baie met jou praat nie, want dan weet jy dinge is nog op die regte pad,” sê die Leeus se Springbok-heelagter, Andries Coetzee.

Coetzee het vanjaar al uithalerspel vanuit die laaste vesting gelewer, maar erken dat jy elke nuwe seisoen daardie knoppie moet druk om weer van nuuts af te begin.

“Jy kan nie altyd net op dieselfde trant wil aangaan en net doen wat jy die vorige jaar gedoen het nie. Ek voel elke nuwe seisoen moet as 'n nuwe uitdaging gesien word en jy moet nuwe uitdagings vir jouself stel. Jy kan dit nie bekostig om net van jaar tot jaar te wil aangaan nie, maak nie saak hoe goed dinge die vorige jaar dalk vir jou verloop het nie. Op dié manier sal jy maklik in 'n groef verval,” glo Coetzee.

“Ek voel vanjaar gemaklik op die veld. Die ruggraat van enige agterlyn is jou nege (skrumskakel), tien (losskakel) en 15 (heelagter), veral ook wat die teenaanvalle betref en daarom moet ons deurgaans skerp wees,” sê hy.

Dié nr. 15 was verlede jaar Allister Coetzee se eerste keuse op heelagter in die Springbok-span en sal die nuwe Bok-breier, Rassie Erasmus, vanjaar opnuut van sy deugde wil oortuig.

Wat die aanslag van die Blues Saterdag op Ellispark betref, sê Coetzee die Leeus staal hulle vir 'n fisieke aanslag, “soos dit maar altyd die geval teen Kiwi-­spanne is. Hulle is ook baie goed met teenaanvalle, en ons sal nie kan bekostig om sommer net besit af te staan en hulle hardloopkans te gee nie,” sê hy.

Die flank Cyle Brink is op sy beurt van mening dat jy nooit regtig seker is wat om van die span van Auckland te verwag nie. Dit is die eerste Nieu-Seelandse teenstand waarmee die Leeus hierdie seisoen te doen gaan kry en Brink lê klem op hul onvoorspelbaarheid.

“As 'n bal losspat is hulle altyd gevaarlik en daarom gaan dit nodig wees dat ons hou by ons strukture. Ons wil ook nie te diep delf in wat hulle dalk gaan doen nie, maar eerder konsentreer op die doelwitte wat ons vir onsself stel,” sê hy.

“Die Blues is wel 'n span propvol individuele sterre, wat as dit hul dag is die wêreld vir jou baie moeilik kan maak. Hulle sal ook desperaat wees vir 'n oorwinning nadat hulle hul eerste twee wedstryde verloor het en ons sal nie die fout maak om hulle gering te skat nie,” verseker hy.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Plaasaankope ‘is niemand se besigheid’

6 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, hou vol die ministerie het nié die plaas Otjisemba gekoop nie.Behalwe dat hulle nie...

Dwelmvonds ruk kus

6 ure gelede | Misdaad

Otis Finck op Walvisbaai – ’n Bekende gesin van Narraville op Walvisbaai word glo verbind met ’n reusedwelmvonds die afgelope naweek.Die polisie in die Erongostreek...

Dag van die Afrika-kind

6 ure gelede | Gebeure

Die Dag van die Afrika-kind word jaarliks op 16 Junie op die vasteland herdenk. Hier luister van die kleingoed van die Rene Kids Centre op...

LPM 'is 'n politieke party'

6 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Leiers van die Landless People’s Movement (LPM) sê hoewel die organisasie nog by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) geregistreer moet word,...

Weer vir 18 Junie 2018

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Weer vir 15 Junie 2018

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Gretzky kry doodstraf vir ’n donkie

6 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus - Sewe woestynleeutroppe is leierloos nadat ‘n uitgeteerde mannetjie in die nagtelike ure van Saterdagoggend by De Rust in die Ugabvallei wes van...

Meatco sál weer BTW betaal

6 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Meatco se amptelike aankondiging dat dit weer 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan produsente sal betaal wat beeste by abattoirs lewer,...

NBC-werkers woedend oor geldsake

6 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Werknemers van die NBC sal nie langer wanbestuur duld nie.Een van die grootste kwessies is die nasionale uitsaaikorporasie se versuim om derde...