Leerlingposte vir medici geskep
Leerlingposte vir medici geskep

Leerlingposte vir medici geskep

'n Tender vir mediese toerusting is gefinaliseer en gaan aan die Sentrale Verkrygingsraad voorgelê word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is besig om saam met die Openbare Diens­kommissie en die kantoor van die eerste minister te kies watter goedgekeurde poste onmiddellik beskikbaar gemaak kan word vir die aanstelling van leerlingdokters, -verpleegsters, -tandartse en –aptekers.

Volgens dr. Bernard Haufiku, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, volg dit op die voltooiing van die ministeriële herstruktureringsproses vir alle poste wat in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se aanwysers vir personeel en hul onderskeie werksladings (WISN) geskep is. Haufiku was aan die woord tydens sy ministerie se nasionale forum vir bestuursontwikkeling wat in Windhoek plaasvind.

Hy het erken die “komplekse proses om van die ou na die nuwe struktuur” te beweeg, neem tyd.

“Die ministerie het egter goed gevaar om menslike hulpbronne vir gesondheid op te lei in reaksie op voorstelle van die presidensiële kommissie van ondersoek van 2012-'13,” het Haufiku gesê.

Met verwysing na infrastruktuur is 'n tender vir mediese toerusting volgens hom gefinaliseer wat eersdaags aan die Sentrale Verkrygingsraad vir 'n finale besluit en toekenning voorgelê sal word.

“Wanneer dit suksesvol afgehandel is, sal die probleem van 'n gebrek aan mediese toerusting in die ministerie iets van die verlede wees.”



Operasionele toerusting

In ooreenstemming hiermee sal alle diag­nostiese en operasionele toerusting soos skandeerders en sonarmasjiene as deel van die ooreenkoms op streeksvlak voorsien word.

Haufiku het verwys na veral die staatshospitaal op Oshakati wat buiten 'n MRI-skandeerder ook 'n afdeling vir die bestraling van onkologiepasiënte dringend benodig.

“Dieselfde kan van die kus, Katima Mulilo, Keetmanshoop, Otjiwarongo en ook die Opuwo-distrikshospitaal gesê word. Dié toerusting is basiese noodsaaklik­hede, nie luukshede nie.”

Haufiku het ook die hoop uitgespreek dat die regskwessie wat masjiene vir nierdialise betref, spoedig opgelos sal word om te verseker die staat kan dié broodnodige diens aan alle Namibiërs lewer.

Volgens hom is die eHealth-stelsel voorts nodig om ­pasiënte se rekords “vinniger en beter” te bestuur.

“eHealth strek tot groot voordeel van ons doeltreffendheid as ministerie. Dit is noodsaaklik dat dit vroeër eerder as later geïmplementeer word.”

Die minister het beklemtoon private-­openbare vennootskappe is nodig omdat finansiering en die beskikbaarheid van tegniese vaardighede tans reusestruikel­blokke in die pad van dienslewering plaas.

Haufiku het gemaan die gehalte van sorg, en veral die tyd wat dit neem vir 'n pasiënt om die vereiste gesondheidsdienste te bekom, steeds 'n kopseer is.

“Elkeen van ons moet dit verbeter, omdat burgers ons direkte kliënte is wat ons op 'n daaglikse basis dien. Dit beteken om vertroue by die publiek te vestig en dit te handhaaf.”

Volgens hom werk die ministerie ook saam met die Konfederasie van Suidelike Gesondheidsrade- en verenigings (COHSASA) om standaarde in die openbare gesondheidsektor te vestig en te handhaaf.

“COHSASA-standaarde is geen grap nie en jy moet sweet om die vereiste ­standaard te bereik. Ons moet egter net daarvoor gaan.”

Nog 'n poging om kliëntetevredenheid te verbeter en die nodige hupstoot te gee, is die instelling van naamplaatjies, kliniese gidse, asook 'n nasionale inbelsentrum.

“Ons sal onsself voortgeset monitor en evalueer en natuurlik verander waar ­verandering nodig is.”

Volgens Haufiku moet pasiënte egter ook hand in eie boesem steek oor hul optrede teenoor mediese personeel.

“Dikwels is dit pasiënte wat verpleegsters en dokters sleg behandel, veral by ongevalle-­afdelings en dikwels onder die invloed van alkohol.”

Volgens Haufiku is sy droom vir die ministerie om teen 2030 'n leier in die voorsiening van kwaliteit- en gelyke gesondheid­sorgdienste vir alle Namibiërs te wees.

“'n Ontwikkelde Namibië waar almal gesond, gelukkig en vooruitstrewend is.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086