Leerlinge, versorgers in ouetehuis deel van 97 nuwe gevalle
Leerlinge, versorgers in ouetehuis deel van 97 nuwe gevalle

Leerlinge, versorgers in ouetehuis deel van 97 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Twee gesondheidswerkers, 39 leerlinge, een onderwyser, vier bejaardes en twee versorgers van 'n ouetehuis in Karasburg is deel van die 97 nuwe gevalle wat vandag aangemeld is. Uit die nuwe gevalle is 20 in Windhoek, 19 in Omuthiya en 14 Andara aangeteken.

Nog 119 mense het herstel wat die totaal op 33 573 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 1 115 waarvan 119 in die hospitaal en 13 in die intensiewesorgeenheid (ICU) is. In Windhoek is 44 in die hospitaal en 9 in ICU, in Erongo 21 in die hospitaal en 3 in ICU en in Omusati 13 in die hospitaal.

Tot op hede is 257 684 weefselmonsters getoets, 3 799 kontakte word gemonitor en 1 164 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer