Leerlinge van drie skole in Windhoek toets positief vir Covid-19
Leerlinge van drie skole in Windhoek toets positief vir Covid-19

Leerlinge van drie skole in Windhoek toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Vyf leerlinge van drie verskillende skole in Windhoek is onder die 17 Covid-19-positiewe gevalle wat vandag vir die hoofstad aangekondig is. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, sluit die 13 gevalle in Oshakati ook leerlinge sowel as gevangenes in. Muinjangue het 44 nuwe gevalle aangekondig waarvan 24 mans en 20 vroue is. Buiten Windhoek en Oshakati is ses in Rehoboth, twee in Walvisbaai, twee in Engela en een elk in onderskeidelik Karasburg, Lüderitz, Onandjokwe en Omuthiya aangeteken.

Muinjangue sê nog 94 mense het herstel wat die totaal op 11 438 vir die land te staan bring. Dit sluit 77 in Oshikoto, 11 in Khomas, vyf in Ohangwena en een in Omusati in. Tans het die land 1 519 aktiewe gevalle waarvan vier baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee baie ernstige gevalle en een kritieke geval in Khomas en een baie ernstige geval in Oshana in.

Tot op hede is 130 957 weefselmonsters getoets, 5 929 kontakte word gemonitor, 560 mense is in kwarantyn en die Covid-19-verwante sterftestyfer bly op 133.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer