Leerlinge spog met eerstehulp
Klein beserings en ongesteldhede sal voortaan deur die bekwame Edu-Medic-span van die Edugate Akademie op Otjiwaronge behandel word. Dit volg nadat die groep meisies ’n basiese eerstehulpkursus voltooi het wat deur EMTESS aangebied is. Die span bestaan uit: Laurie-Ann Potgieter, Soné Kühn, Stephanie Diergaardt, Jackie de Klerk, Rachel Mawoyo en Loraine du Plessis. Met só ’n span mooi medici, sal ’n paar seuns waarskynlik meer beserings opdoen as wat nodig blyk! Die baadjies is deur die junior leerlingraad van 2014 geskenk. Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie