Leerlinge ontvang Jeugbybels
Die Bybelgenootskap van Namibië het vroeër vandeesmaand Jeugbybels aan graad 8- en graad 10-leerlinge verbonde aan die Junior Sekondêre Skool Empelheim op Mariental geskenk. Die skenking is moontlik gemaak deur geld wat deur middel van die jaarlikse Cycle Classic en Stap vir Bybels ingesamel is. Die Bybelgenootskap het sy dank aan elke deelnemer en ondersteuner uitgespreek wat dié organisasie getrou ondersteun.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie