Leerlinge leer oor Japannese digkuns
Gr. 6- en 7-leerlinge van verskeie skole in Windhoek het onlangs 'n gratis haikoe-slypskool bygewoon.
Die haikoe-slypskool is deur Namibiese digter Henriëtte van Wyk op 27 Julie aangebied. 'n Haikoe is 'n tipe digvorm, afkomstig van Japannese digkuns, met vyf klankgrepe in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar 'n verwysing na ? spesifieke seisoen êrens in die gedig.
Die leerlinge was deurgaans aktief betrokke en het Van Wyk se vraagstellingstegnieke geniet en waardeer.
Me. Estelle Fourie van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) beskryf die slypskool as interessant en baie leersaam en vertel dat Van Wyk 'n ware inspirasie vir ander taalonderwysers en leerlinge is.
“Die potensiaal lê daar – dit moet net opgetel en geslyp word. Kinders verbaas dikwels met verrassende kreatiwiteit,” is Van Wyk se standpunt.
Hier is van die haikoes wat die leerlinge geskryf het;
takke soos vingers
boom grof, verslete
skuilplek vir kleine diere
(Julia van der Westhuizen: Suiderhof Primêre Skool)
Geel son skyn helder.
Grys duiwe vlieg hoog.
Stille, koue, wintersdag
(Jamy-lee: Suiderhof Primêre Skool)
So pragtig soos ‘n diamante!
Son wat op haar skyn.
Sit die meisie daar . . .
(Gideon Basson: Suiderhof Primêre Skool)
woes waaiende wind
bruin blare op skurwe grond
droë wintersdag
(Dané Malan, Gr. 7: WAP)
‘n Weste-wind waai
suisend deur my hare
‘n laaste koebaai
(Arlene Jordaan, Gr. 7: WAP)
Trippe-trap oor die velde -
pronkende perde
vloeiende hare
(Lara Cronje, Gr. 7: Windhoek Gimnasium)
Woeste winde waai
vandag by Makieriekraai.
hoor die groot lawaai
(Cele Wessels, Gr. 7: Windhoek Gimnasium)
Bruin bome groei wild.
Groen blare klou aan takke.
Skadu’s val orals.
(Taro Sameulson, Gr. 6: Windhoek Gimnasium)
Voëls sing so vrolik.
Hul vlieg wit-vlerk teen blou lug.
Hul vere so mooi.
(Derek Retief, Gr. 6: Windhoek Gimnasium)
varende voëls
vlieg veilig, vol vertroue
vrolik deur die lug
(Alexander Russell, Gr. 7: Pionierspark Primêre Skool)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie