Leerlinge dakloos ná brand
Maria Eiseb
Die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië se koshuis op Gibeon, wat Maandag tussen 18:00 en 19:00 gebrand het, is feitlik in puin.
Die koshuis het sowat 32 leerlinge gehuisves - dit sluit 29 seuns en drie meisies van verskeie skole op die dorp in.
Volgens mnr. Mzingisi Gqwede, direkteur van onderwys in die Hardapstreek, is dit 'n private koshuis wat die leerlinge slegs huisves.
Gqwede het gesê toe die brand uitgebreek het, was die kinders nie by die koshuis nie en niemand is beseer nie.
“Gelukkig was die kinders almal uit. Hulle het hout gaan soek en niemand was tydens die brand in die koshuis nie,” het hy bygevoeg.
Mnr. Josefath Frederik, waarnemende pastoor van die Lutherse gemeente op die dorp, het gesê die koshuismoeders vermoed die geyser kon die brand veroorsaak het, aangesien dit glo die afgelope tyd “probleme veroorsaak het”.
Die moontlikheid bestaan dat dit oorgekook of gebars het, het hy gesê.
Die seunsafdeling is heeltemal vernietig en is ook gesluit, het Frederik bygevoeg. Die meeste van die seuns moes ná die brand noodgedwonge in die eetsaal slaap, het hy gesê.
Die hoofkantoor se bestuur sal verdere besluite neem, het hy bygevoeg.
Volgens die stasiebevelvoerder op Gibeon, insp. Sarah April, is die oorsaak van die brand nog nie bevestig nie en duur die polisieondersoek voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie