Leerlinge bly noodgedwonge by skole
Gebrek aan koshuisgeriewe bring mee dat leerlinge sonder ouertoesig op skoolterreine woon.
Henriette Lamprecht – Baie leerlinge in al die streke van die land het 'n dringende behoefte aan verblyf wat veroorsaak dat 'n stygende getal leerlinge noodgedwonge in onveilige en onhigiëniese toestande op skoolterreine bly omdat hulle daagliks lang afstande moet aflê om klasse by te woon.
Onder dié toestande word leerlinge blootgestel aan hoë risiko van siektes, seksuele uitbuiting, tienerswangerskappe en middelmisbruik omdat ouertoesig nie bestaan nie.
Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is die bou van nuwe koshuise oraloor die land nodig om die lot van dié leerlinge te verbeter.
Die ministerie het N$800 miljoen in die 2020-'21 finansiële jaar ontvang vir onder meer die normalisering van aangesig-tot-aangesig onderrig in ooreenstemming met die Covid-19-protokols. Dit sluit die bou en opknapping van ablusie- sowel as koshuisgeriewe in. 'n Totaal van 251 ablusieblokke sal opgeknap en 305 landwyd gebou word.
Volgens Steenkamp is beduidende vooruitgang hiermee gemaak en is 'n totaal van 478 ablusieblokke in al die streke voltooi. Agt opknappings en 70 konstruksies is tans aan die gang.
Alle projekte by die Nasionale Opleidingsowerheid is reeds voltooi.
Met verwysing na die voorsiening van water aan skole in alle streke, het Steenkamp gesê die riglyne vir infeksiebeheer in skole wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) opgestel is, identifiseer 'n reeks maatreëls wat in plek moet wees voordat skole veilig kan heropen. Dit sluit in dat leerlinge hul hande gereeld met seep en water moet kan was, daaglikse ontsmetting en basiese drinkwater.
Volgens Steenkamp het die ministerie met die uitbreking van die Covid-19-pandemie in die land die voorsiening van water in skole versnel om te verseker daar is minimale infeksie weens gebrekkige persoonlike higiëne aangesien leerlinge gereeld kan hande was.
In Kavango-Oos is 39 uit die 47 geïdentifiseerde skole met waterpyplyne en boorgate verbind, in Kavango-Wes 48, in Kunene vyf, in Ohangwena 35, in Omaheke een, in Omusati 11, in Oshikoto 20 en in Otjozondupa twee.
Steenkamp sê groot vooruitgang is gemaak met betrekking tot die opknapping en bou van toilet- en koshuisgeriewe, sowel as die voorsiening van water in al die streke.
Sy het erken weens finansiële beperkinge kon nie alle skole wat hiervoor geïdentifiseer is, se geriewe opgeknap word nie.
“Die ministerie werk daaraan om te verseker die projekte word tot voordeel van die Namibiese kind geïmplementeer,” het sy verseker.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie