Leerlingdokters, -aptekers kán registreer
Henriette Lamprecht - Die registrasie van finalejaar- mediese studente as leerlingdokters en -aptekers sal toegestaan word die oomblik wanneer hulle hiervoor aansoek doen.
Dit was die versekering van die dekaan van die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool aan studente wat nog nie hul finalejaar-uitslae ontvang het wat nodig is om by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) te registreer nie.
Prof. Peter Nyarango het in 'n e-pos gesê die HPCNA het die versekering gegee die betrokke studente hoef nie uitgedrukte uitslae met hul aansoek vir registrasie in te dien nie, maar dat die registrasie sal voortgaan, “gebaseer op die bevestiging van die status van Unam”.
Unam het probleme met die publikasie en uitdruk van die uitslae gehad, maar volgens die universiteit se woordvoerder is die probleem uitgesorteer.
“Ons het probleme met ons stelsel gehad, maar dit is egter herlaai en die meeste studente se uitslae verskyn,” het mnr. Simon Namesho bevestig.
Die registrasie by die HPNCA is verpligtend, alvorens die leerlingdokters en –aptekers met hul diensjaar by verskeie staatshospitale waaronder Windhoek Sentraal, Katutura, Onandjokwe en Oshakati kan begin.
Die betrokke studente moet ná registrasie by die HPCNA die registrasiedokument sowel as hul uitslae by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) indien wat op sy beurt die leerlingdokters op sy salarisrol moet sit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie