Leer só die Ju/'Hoansi ken

02 July 2018 | Toerisme
Tanja Bause



“Ek praat perfek Ju/'Hoansi en die Bushcamp is een manier waarop die stam nie net 'n inkomste kan verdien nie, maar waar toeriste insigte kan kry na een van die wêreld se oerkulture,” sê mnr. Jörn Gressmann.

In 2011 het die Gressmann-gesin die Fiume Lodge, sowat 35 kilometer buite Grootfontein, gekoop. Vier jaar later is die Fiume Bushcamp gebou en 'n jaar later is dit amptelik geopen.

“Ek was vir sowat nege jaar 'n toergids en het talle besoekers na die Living Museum van die Ju/'Hoansi by Grasshoek geneem. Met dié besoeke was ek ook die tolk,” sê hy.

Gressmann wou die besigheid uitbrei en sy gaste meer bied as net 'n vinnige uitstappie na die Ju/'Hoansi. Só het die Fiume Bushcamp sy ontstaan gehad.

“Fiume is 'n tentekamp in die bos. Dit is baie landelik en daar is geen WiFi, internet, lugreëling of luukshede nie. Daar is wel warm storte en spoeltoilette. Ons eet onder hoë tambotiebome langs die vuur. Daar is ook 'n klein poel waarin gaste kan afkoel,” sê hy.

Die idee is dat mense tyd met die San bestee.

“Hulle is die oudste kultuur in die wêreld en ek vrees hulle gaan nie meer lank bestaan nie. Dus bied ons 'n intensiewe ontmoeting met die San. Gaste bring 'n dag saam met hulle deur en leer die mense ken. Die San is hartlike, snaakse en oop mense.”

Op die oomblik woon daar vier gesinne, sowat 30 San, by die Fiume Bushcamp.

Gaste bly vir twee nagte. Die oggend ná hul aankoms gaan hulle saam met die Ju/'Hoansi op 'n bosuitstappie. Hier leer hulle oor tradisionele medisyne en plante. Die San wys hulle die bome waarvan hulle 'n pylkoker asook pyle en boë maak.

“Daarna beleef gaste die San se 'dorpslewe'. Hier word onder meer tradisionele speletjies vertoon, gewys hoe om vuur te maak en hoe toue uit plante gemaak word.”

Dan keer gaste terug na die kamp waar hulle 'n skemerkelkie en aandete onder die sterre geniet. Daarna kom die San na die kamp en voer hulle tradisionele dans en sang uit.

“Gaste leer nie net die San in hulle natuurlike omgewing ken nie, hulle sien en beleef 'n dag in 'n gewone San-persoon se lewe,” het hy gesê.

In 2016 het Gressmann 'n kleuterskool vir San-­kinders begin. “Omtrent 18 kinders van tussen twee en tien jaar oud gaan hier skool en ontvang onderrig van Europese en Amerikaanse vrywilligers.”

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

11 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

11 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

11 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

11 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

11 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...