Leef jou rugby-droom by Stellenbosch Rugby Akademie
Leef jou rugby-droom by Stellenbosch Rugby Akademie

Leef jou rugby-droom by Stellenbosch Rugby Akademie

Akademiese kwalifikasies ewe belangrik
Gerine Hoff
Die Stellenbosch Rugby Akademie bied ’n ongelooflike rugby “gap”-jaar, waar spelers en afrigters die Hoë Prestasie Rugbyprogram volg. Louis Koen, tans deel van die Springbokafrigterspan, is direkteur: afrigting.
Die Akademie bied uitstaande fasiliteite, soos die gimnasium, velde, swembad, medies (dokter, fisioterapeut en dieetkundige).
SRA het al drie Springbokke, drie Namibiese Welwitschias, meer as 20 provinsiale spelers en verskeie topafrigters opgelewer. Studente speel by Maties en in die koshuisliga en die Akademie werk ook saam met SA 7’s-groep.
Akademiese kwalifikasies is baie belangrik, en daarom bied die Akademie aan studente die grootste moontlike opsies: Sportbestuur en -Afrigting (SRA/Unisa), Unisa-kursusse (BEd-Onderwys /ander), Intec-kursusse (veral rekenaar- en tegnies-), matrikulasie-vrystelling (en hulp); asook ander kwalifikasies (US, Boland Kollege, Eta, CTU). Personeellede tree op as mentors, en die minimum toelatingsvereiste is matriek.
STUDENTELEWE
Die Akademie se moderne kampus bestaan uit 24 gemeubileerde studentehuise (met DStv, internet, skoonmaakdienste, braaigeriewe), eet-, ontspannings- en lesinglokale, kantore, swembad, en meer. Die SR se sosiale program met sy 20 aktiwiteite, sal bydra tot ’n onvergeetlike studentelewe. Deur middel van die mentorprogram word elke huis se studente by ’n SR/personeellid vir die jaar ingedeel.
Die Akademie het ’n spesiale ooreenkoms met ABSA, waarvolgens ouers 100% studielenings kan ontvang. Merietebeurse is ook vir topspelers beskikbaar.
Kontak die SRA dadelik vir ’n volledige inligtingstuk by +27 21 887 7432, [email protected] of besoek www.stellenboschrugbyakademie.co.za. Maak ook gerus ’n draai op die Akademie se Facebook-blad, deur Twitter, YouTube of Instagram.
• Die SRA is op 4 Junie in Windhoek en op 5 en 6 Junie by die privaatskole-toernooi op Swakopmund. Belangstellendes kan vooraf ’n afspraak reël.

Kommentaar

Republikein 2026-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer