Ledesma steeds breëbors
Rugby
Nadat die twee spanne se Driesnasies-wedstryd gelykop met 15-15 geëindig het, sal alles op die spel wees in die laaste twee rondes van dié toernooi.
Ten spyte van die gelykopuitslag, sou dit ’n geval van drastiese kontras in emosies wees vir die afrigters van die Poemas en die Wallabies.
Daar was waarskynlik diegene wat verwag het dat die Suidelike Halfrond se jaarlikse toernooi ’n saai affêre sou wees nadat die Springbokke hul onttrek het, maar Argentinië het vinnig die teendeel bewys.
Dít, nadat die Poemas verlede week die eerste keer in hul geskiedenis die All Blacks tot oorgawe kon dwing en met Saterdag se uitslag verseker het dat die spanning hoog sal loop in die aanloop tot die kroning van die kampioene.
Ofskoon die Argentyne en Australiërs se kragmeting nie noodwendig een was wat in die geskiedenis sal uitstaan of waarvan die hoogtepunte herhaaldelik gekyk gaan word nie, het dié uitslag beteken al drie die spanne is nou gelykop met ses punte op die punteleer.
Die Australiërs sal voor die skerms vasgenael wees wanneer die Poemas en die All Blacks mekaar volgende week weer pak, voordat hulle in die daaropvolgende naweek self weer met Mario Ledesma se span moet swaarde kruis.
Ledesma glo sy span is tot heelwat meer in staat as wat hy Saterdag gewys het, maar die Argentynse afrigter was steeds vol lof vir sy spelers.
“Die eerste gedagte is trots,” sê hy.
“Hulle (die Wallabies) het ons probeer moeg maak en ek het in ’n stadium gedink dit werk, maar die spelers het vasgebyt.”
Heelwat is in die aanloop tot die wedstryd gesê oor Michael Cheika, die Wallabies se voormalige afrigter, se insluiting in die Argentynse afrigtingspan, maar Ledesma glo nie dat dit veel van ’n faktor was nie.
“Hy is ongelooflik. Hy was net uitstaande die afgelope maand. Selfs Saterdagoggend toe hy van die spelers, wat nie die 23-tal gehaal het nie, gevat het om te gaan oefen.
“Ek dink nie daar was enigiets spesiaal die week nie. Australië het nou ’n nuwe span wat in beheer is, so enigiets wat hy (Cheika) sien, is as ’n buitestander.”
Met wedstryde teen die All Blacks en Wallabies wat weer in die komende twee weke wag, wou Ledesma nie veel uitbrei oor hoe hy te werk sal gaan om seker te maak dat sy spelers voorberei en opgewasse vir die groot take is nie.
“Ons gaan herstel en dan baie mooi dink oor hoe ons die volgende vertonings sal aanpak.” – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie