Leandie du Randt aanbieder van ‘Love Island SA’
Die aktrise Leandie du Randt gaan die Suid-Afrikaanse weergawe van die afspraakprogram Love Island aanbied.
Dié werklikheidsreeks is baie gewild in onder meer Engeland en Australië en behels ’n groep mans en vroue wat saam aan take deelneem en dan uitruil totdat hulle die liefde van hul lewe ontmoet.
DStv het Donderdag aangekondig die reeks begin op 28 Februarie om 20:00 met ’n episode van 90 minute.
Du Randt sê om Love Island South Africa aan te bied is een van die grootste voorregte in haar lewe en loopbaan.
“Dit is nog altyd op my wenslys om ’n groot program in Suid-Afrika aan te bied en dit is die perfekte geleentheid om hierdie droom te bewaarheid.
“Ek is ook baie opgewonde om die beeldskone deelnemers te ontmoet.”
Die deelnemers van Love Island South Africa sal aan die einde van Februarie aangekondig word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie