Leë Kunenerivier kortwiek Ruacana

Watervlak baie laag

02 March 2021 | Infrastruktuur
Augetto Graig



Die Ruacana-hidrokragstasie op die Kunenerivier in die verre noorde van Namibië, wat gewoonlik teen volle kapasiteit elektrisiteit aan die nasionale netwerk van die land voorsien, kan tans nie hierdie pas volhou nie.

Die Kunenerivier se vlakke het die afgelope weke gedaal vanaf 44,5 kubieke meter water per sekonde in die week voor 16 Februarie, tot 27,8 m³ per sekonde op 23 Februarie, en net 25,4 m³ per sekonde verlede ­Donderdag, volgens syfers wat NamPower aan die Hidrologiese Diens van Namibië verskaf het.

Volgens die woordvoerder van die land se nasionale elektrisiteitsvoorsiener, mnr. Gladwin Groenewaldt, wek net een of twee van die Ruacana-kragstasie se vier turbines nou daagliks krag op weens die Kunenerivier se lae vlakke.

“Kragopwekking het verminder as gevolg van die lae vlak van die Kunene­rivier,” sê hy.

Hy sê die hidrokragstasie word op die oomblik slegs gedurende piektye in die oggende en saans gebruik.

Groenewaldt dui die impak van die watertekort in die rivier op Ruacana se kragopwekkingsvermoë so aan: “Gedurende die ­2019-'2020-finansiële boekjaar het die Ruacana-krag­­stasie ongeveer 1 504 GW/uur opgewek en oorgedra, die hoogste in tien jaar.

Die rivier vloei nou by Ruacana teen 28,6 m³ per sekonde. Let wel dat Ruacana nie oor 'n groot kragstoor (kapasiteit) beskik nie, aangesien dit 'n loop-van-die-rivier-hidrokrag­stasie is, wat staatmaak op die invloei van water van die Kunenerivier.

“In 2020 omtrent hierdie tyd (van die jaar) was die rivier se invloei meer as 1 000 m³ per sekonde in vergelyking met 28 m³ per sekonde wat op 23 Februarie vanjaar gemeet is,” sê hy.

“Die Ruacana-hidrokragstasie benodig gemiddeld 'n invloei van 290 m³ per sekonde om sy volle kapasiteit van 347 MW per 24 uur op te wek. Dus sal Namibië sterk op kraginvoere en hernubare kragstasies moet steun,” voeg hy by.

Daar is hoop dat die riviervlak sal styg aangesien die Kunene histories teen die middel van April sy hoogste vlak bereik, sê Groenewaldt.

Tans het die tekort 'n groot impak op Namibië se kragopwekkingsvermoë.

Waar Ruacana gewoonlik tussen 35% en 40% van die land se elektrisiteit verskaf, deur 347 MW te voorsien, verskaf dit nou slegs 140 MW gedurende piektye.

Die tekort word aangevul deur elektrisiteit vanaf Zimbabwe, Zambië, Suid-Afrika en die ­Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) in te voer.

NamPower voer meer as 60% van Namibië se elektrisiteit in.

Groenewaldt verseker dat “invoere die land 'n aantal jare reeds goed dien. Daar is vaste kragvoorsieningskontrakte in plek. Daarbenewens is daar ook die SAPP-markte wat NamPower sal aanhou benut om in die land se kragaanvraag te voorsien,” sê hy.

Behalwe vir Ruacana se 140 MW kan NamPower steeds 117 MW vanaf onafhanklike kragopwekkers uit hernubare energie invorder.

NamPower kan ook sy eie Anixas- en Van Eck-kragstasies inspan.

Die opgradering van Anixas vir nog 50 MW gewaarborgde kragopwekkingskapasiteit is in 'n gevorderde fase terwyl NamPower ook 'n 50 MW privaat-openbare-vennootskap windkragprojek, 'n 40 MW-windkragaanleg en 'n 40 MW-biomassakragaanleg beplan. Die Khan-sonkragaanleg van 20 MW, uitsluitlik vir NamPower en NamPower se eie Omburu-sonkrag­aanleg (ook 20 MW) sal hierdie jaar nog aanlyn kom, terwyl 'n kleiner 5 MW hernubare energie terugvoertariefaanleg (Refit) ook aangeskakel sal word.

NamPower versterk ook die land se transmissienetwerk, voeg Groenewaldt by.– [email protected]

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

1 uur gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

12 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

12 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

12 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

12 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

12 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

12 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...