Lüderitz Speed Challenge op dreef
Watersport
Tanja Bause - Die wêreld se tien vinnigste seilplank- en sweefskiryers is op Lüderitz om aan die tiende jaarlikse Lüderitz Speed Challenge deel te neem.
Antoine Albeau van Frankryk het sy vorige seilplank wêreldspoedrekord tydens die 2015 byeenkoms tot 53.27 knope (98.66 km/h) verbeter. Die seilplankspoedrekord vir vroue het aan Zara Davis van die Verenigde Koninkryk behoort en is deur Karin Jaggi van Switserland met 64.31 knope (85.77 km/h) oortref.
Vanjaar se deelnemers sluit die huidige vinnigste seilplankryer ter wêreld, Twan Verseput van Nederland, asook die Spanjaard Björn Dunkerbeck in. Dunkerbeck is die oudste Red Bull atleet en hy het dosyne seilplanktitels agter sy naam.
Sebastien Cattelan van Frankryk, die stigter van die Speed Challenge op Lüderitz en die eerste sweefskiryer wat snelhede van vinniger as 50 en 55 knope (101 km/h) opgestel het, is ook daar. Mark Grinnell van Suid-Afrika is die Afrika-kampioen en op papier die derde vinnigste seilplankryer.
Japan neem ook vanjaar vir die eerste keer deel. Ander lande wie se bestes kom deelneem, is Frankryk, Duitsland, Brittanje, Swede, Noorweë, Switserland, Italië, Nederland en uiteraard ook Namibië.
Die kompetisie het verlede week Woensdag begin en twee nuwe nasionale spoedrekords is reeds vir Japan opgestel. Mio Anayama het die vorige Japanse vrouerekord van 39.06 knope (72.33 km/h) tot 43.15 knope (79.92 km/h) opgestoot. Norio Asano het die mansrekord tot 39.06 knope (81.45 km/h) verbeter.
Sedert sy ontstaan het die Lüderitz Speed Challenge reeds vir 100 nasionale en 17 wêreldrekords gesorg vanweë die ideale toestande wat vir spoedrekordpogings bestaan.
Vir meer inligting en nuus kan mense óf die Facebook-blad óf by www.luderitz-speed.com inloer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie