Lavillenie én Duplantis seëvier in paalspring
Atletiek
Byna vyf jaar het al verloop sedert die Fransman Renaud Lavillenie laas op ’n hoogte van 6 meter oor die dwarslat kon seil, maar die voormalige Olimpiese kampioen het Sondag die jare teruggedraai met ’n merkwaardige vertoning in die paalspring.
Minder as drie uur nadat die wêreldrekordhouer Armand Duplantis sy seisoen met ’n hoogte van 6,01 m in Düsseldorf geopen het, het Lavillenie in Tourcoing in die noorde van Frankryk oor 6,02 m gespring. Hiermee het hy die voorste sprong in die wêreld sover vir 2021 agter sy naam geskryf en vir die eerste keer sedert 2016 die 6 m-hoogtekerf verbygesteek.
Lavillenie is al sterk op pad na sy 35ste verjaarsdag, maar sy vertoning sou ondersteuners laat regop sit, veral in die aanloop tot die 2021 Europese binnenshuise atletiekkampioenskap in Torun, Pole. Hy sal hier ’n vyfde goue medalje beoog.
Die Fransman het met sy eerste sprong die dwarslat op 5,63 m oorgesteek, maar toe eers weer op ’n hoogte van 5,80 sy slag gewys. Daarna het hy oor 5,93 en 6,02 gespring. Hy het in elk van sy eerste vier spronge net een poging benodig om die dwarslat suksesvol oor te steek.
Daarna het hy een poging op die wêreldrekordhoogte van 6,20 probeer, waar hy 1 cm hoër probeer gaan het as wat Duplantis vroeër die dag in Düsseldorf geteiken het.
“Ek het twee dae gelede gespring en was gedaan. Ons is steeds in Januarie en moet ons tyd neem. Daar is nog groter kompetisies wat kom,” het Lavillenie aan L’Equipe gesê.
“Ons stoei tans steeds met die pandemie. Dit is ’n groot geleentheid om as ’n beroepsatleet die kans te kry om te spring en dit is goed vir almal se gemoedstoestand.”
Lavillenie en Duplantis sal hul tweestryd Saterdag voortsit wanneer hulle by die Perche Elite Tour-byeenkoms in Rouen in Frankryk deelneem.
Vir Duplantis was die naweek se oorwinning by die Istaf- binnenshuise byeenkoms sy 17de agtereenvolgende sege.
Die Brit Dina Asher-Smith het haar Duitse uitstappie met ’n tweede agtereenvolgende oorwinning in die 60 m afgesluit. Sy het nie op haar beste gelyk nie, maar het steeds daarin geslaag om in 7.12 sekondes met Switserland se Ajla Del Ponte af te reken.
Die Switserse atleet het op haar beurt weer op haar persoonlike beste tyd verbeter met 7.16.
Die Nederlander en Europese binnenshuise kampioen Nadine Visser was baas in die 60 m-hekkies in 8.00, ’n enkele millisekonde voor Belarus se Alina Talay.
Visser se landgenoot, die 18-jarige Zoe Sedney, was derde in ’n persoonlike beste van 8.04.
Die 60 m-hekkies se manswedloop was selfs nog taaier. Hier was die tweestryd tussen Pole se Damian Czykier en die VSA se Aaron Mallett.
Albei het die wenstreep in 7.64 oorgesteek, maar die Pool is eindelik met die eerste plek beloon en het hiermee opgemaak vir die foutiewe wegspring wat Vrydag tot sy diskwalifikasie in Karlsruhe in die suidweste van Duitsland gelei het.
– Netwerk24
FOTO
Die Fransman Renaud Lavillenie was die naweek weer op sy stukke in die paalspring. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie