Lansering van hotel in ruimte oor 3 jaar beoog
Is jou beursie lekker dik en droom jy van ’n vakansie in die ruimte?
Dan sal jy bly wees om te hoor die eerste ruimtehotel kan al teen einde 2021 in die vorm van ’n private ruimtestasie gelanseer word.
Die maatskappy Orion Span wil dié ruimtestasie – genaamd Aurora Station – as die eerste luukse hotel bekend stel, lui ’n verklaring. Daar sal plek wees vir ses gaste en twee bemanningslede. Die eerste gaste sal teen 2022 verwelkom word en diegene wat belangstel, kan ’n deposito van US$80 000 betaal (sowat R967 036).
Om 12 dae na die ruimte te gaan sal jou ’n stywe US$9,5 miljoen (sowat R115 miljoen) uit die sak jaag, maar dit beloof om ’n ware ruimtereis te wees omdat dié stasie 320 km bo die Aarde sal wees. Die Internasionale Ruimtestasie (ISS) se wentelbaan is sowat 400 km bo die Aarde.
Aurora Station sal elke 90 minute om die Aarde wentel, dus sal ’n mens elke 24 uur die son 16 keer sien opkom en ondergaan. Dit is dieselfde as wat mense op die ISS ervaar.
Gaste sal soos ware ruimtevaarders die effek van geen gravitasie voel, navorsing kan doen, en selfs WiFi hê om in kontak met mense op Aarde te bly.
Maar die gaste sal drie maande lank opleiding moet ondergaan in Houston, Texas, om gesertifiseer te word om na die ruimte te reis.
Aanbouings aan die ruimtehotel sal ook gedoen word om dit te vergroot. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie