Langnekke vandag gevier
Langnekke vandag gevier

Langnekke vandag gevier

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Wêreldkameelperddag vind jaarliks op 21 Junie plaas om die wêreld se langste dier op die langste dag of nag van die jaar te vier.

Dit word vanaand by die Namibië Wetenskapvereniging in Robert Mugabeweg 112 gevier.

Die Namibiese Omgewing- en Wildlewevereniging (News) sal om 19:00 die bekroonde BBC/PBS dokumentêr, Giraffes: Africa's Gentle Giants, vertoon.

Dr. Julian Fennessy, van die Kameelperdbewaringstigting (GCF), wat in Namibië gebaseer is, sal 'n praatjie lewer en vrae beantwoord. Toegang is gratis.

Een van die GCF se doelwitte vanjaar is om 'n kameelperddatabasis in Afrika te vestig wat bewaringskundiges, wildbestuurders en -navorsers sal help om die verspreiding en ekologie van kameelperde te verstaan.

In Namibië is die Khomas-omgewingsonderrigprogram (KEEP) in 2016 ondersteun wat jong Namibiërs aanmoedig om vir hul omgewing om te gee.

Altesaam 2 000 laerskoolleerlinge het 'n dag in die veld saam met die GCF se opleidingspersoneel geniet.

Vanjaar is meer as 1 250 leerlinge onderrig.

Die teiken is om van 2 500 jongmense geïnspireede, Namibiese bewaarders te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A