Lange Danilo skaats in groen en goud

14 January 2020 | Sport
Andrew Poolman - Die woestynland Namibië het 'n ietwat verskuilde teenwoordigheid op die yshokkiebaan by die IIHF onder 20 wêreldkampioenskap vir mans (afdeling III) wat gister in Sofia, die hoofstad van Bulgarye, begin het.

Danilo von Ludwiger maak sy debuut in die groen en goud vir die Suid-Afrikaanse o.20-manspan. Die atletiese Windhoeker met sy imponerende 1.95 m en 90 kg is as 'n voorspeler gekies.

Die voormalige hoofseun van Windhoek Gimnasium in 2018 het tevore by twee geleenthede vir Namibië op internasionale vlak rolskaatshokkie gespeel, maar het eers verlede jaar in Augustus die eerste keer yshokkie in Pretoria begin speel. Hy speel sedertdien vir die Pretoria Capitals-klub en het sodanig beïndruk dat hy die Suid-Afrikaanse span gehaal het.

Die SA manspan het hul toernooi gister teen Australië geopen (verloor 1-5) en speel vandag teen Turkye. Hul laaste groepwedstryd is Donderdag teen Chinese Taipei, voor die uitspeelwedstryde vir die finale plekke. Mexiko, Nieu-Seeland, Ysland en Bulgarye is die spanne in die ander groep.

Die SA o.20-vroue het in Desember aan die Liga III wêreldkampioenskap deelgeneem en het dié toernooi gewen. Gevolglik is daar waarskynlik ietwat van 'n “verwagtende druk” op die manspan vir 'n soortgelyke prestasie.

Von Ludwiger was in Oktober die slagoffer van 'n motorkaping op 'n snelweg naby Pretoria, terwyl hy en 'n oudskoolmaat en medestudent by Tuks, Trusty Kavezuva, na Namibië op pad was. Die gewapende boosdoeners, geklee in koeëlvaste baadjies, het hulle as polisiebeamptes voorgedoen en het die twee met 'n blou lig op die dak afgetrek.

Twee dae later het FlyWestair die twee kosteloos na Windhoek teruggebring.

Danilo se moeder, Birgitte, sê: “Beide Danilo en Trusty het gedurende hul vakansie van traumaberading gebruik gemaak. Hulle albei is nou in hul tweede jaar van mediese studies by Tuks en het reeds op 6 Januarie weer met klasse by die Universiteit van Pretoria begin.

“Niks van hul gesteelde besittings of dokumente, nóg die gesteelde voertuig, is tot dusver opgespoor nie. Alles moes vervang word. Die belangrikste is egter hul lewens en daarvoor bly ons oneindig dankbaar!”

Op 'n ligter noot was Danilo en die ander twee Von Ludwiger-broers, Andriko en Roman, in Desember saam lede van die wenspan by die Bank Windhoek Beach Bash strandvlugbaltoernooi by Langstrand.

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

10 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...