Langbad galareeks hervat
Swem
Komende naweek se volgende Bank Windhoek langbad swemgala by die Olympia-swembad in Windhoek beloof om 'n besondere byeenkoms te wees.
Besoekende spanne uit Duitsland (Club TsV Hohenbrunn-Riemerl) en die Kaap (Dolphins-WP) sal 'n spesiale geur aan die geleentheid verleen.
Nog vyf Namibiese klubs se swemmers sal meeding, naamlik Aqua Swemklub, Dolphins van Windhoek, Marlins van Windhoek, Namib Swim Academy en Swakopmund Swemklub.
Die langbadgala is nommer vier in die reeks vir die seisoen en volgens Nicky McNamara, lid van die Namibiese Amateur Swemunie (Nasu) se uitvoerende komitee, word 'n stewige 138 swemmers verwag wat in 912 items ingeskryf het.
“Ons is opgewonde om te sien hoe die deelname van swemmers in die ouderdomsklas vir meesters toeneem. Die president van Nasu, Wilfried Poser, het ook ingeskryf om in twee 50-meter items te swem,” sê McNamara.
Die eerste skote klap Vrydagmiddag in die 800 meter vryslag en Saterdagoggend in die 1500 m vryslag, waarin nie net die jonges nie, maar ook etlike meesters ingeskryf het.
“Laasgenoemde is 'n langerige afstand en sulke swemmers moet besonder fiks wees. Talle swemmers het dwarsdeur die Desembervakansie geoefen om hul vlak van fiksheid te behou. Diegene wat nie dieselfde kon of wou doen nie, sal dit die naweek aan hul lywe voel,” sê McNamara.
“Nasu spreek sy dank uit teenoor Bank Windhoek vir sy volgehoue steun aan die ontwikkeling van die sport, wat oor die jare verskeie topswemmers op internasionale vlak opgelewer het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie