Langasems vaar goed in Kaap
Padwedlope
Helalia Johannes het tot in die laaste kilometer voor gehardloop, voordat sy verbygesteek is en in die tweede posisie in laas Sondag se Sanlam Kaapstad Marathon klaargemaak het.
Die driemalige Olimpiese hardloper van Namibië was veronderstel om net as 'n pasaangeër te hardloop, maar het vroeg weggebreek en het besluit om die volle 42.2 kilometer klaar te hardloop. By die halfpadmerk (in 'n haastige 1:15:22) was sy sowat 38 sekondes voor haar naaste uitdager.
Ethiopië se Betelhem Moges het haar minder as 'n kilometer voor die eindstreep verbygesteek en het ses sekondes voor die Namibiër se 2 ure 30 minute 28 sekondes geëindig.
Die Keniaan Agnes Kiprop – 'n gereelde wenner van internasionale marathons – was derde.
Die Kaapstad-marathon is die enigste in Afrika wat IAAF goue status geniet en met bykans 8 000 hardlopers by die wegspring was dit weer uiters gewild.
In die manswedloop het Uveni-Nawa Kuugongelwa seergekry toe hy net twee kilometer ná die beginpunt geval het, maar hy het vasgebyt om in 'n heel skaflike 12de posisie klaar te maak (2 uur 19 minute 25 sekondes). Dit is sover bekend sy persoonlike beste tyd.
Sy landgenoot Simon Shipingana was kort op sy hakke in die 13de plek (2:20:35).
Altesame ses Namibiërs het deelgeneem. Pinehas Embashu was 20ste in 2:27:35 (algeheel eerste van die veteraanmans, 40 jaar en ouer); Martin Ntinda 22ste (2:29:00) en Oscar Komeya 38ste (2:34:46).
Sanlam Namibië se hoofbestuurder van openbare en korporatiewe steun, mnr. Evans Simataa, sê hy is trots op al die Namibiese hardlopers wat puik gehardloop het.
“Die Sanlam Kaapstad-marathon lok altyd wêreldklas atlete en om daar goed te vaar, is 'n prestasie. Helalia het laasjaar die 10 km resies daar gewen en het weer gewys dat sy op die hoogste internasionale vlak tuis is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie