Landboureuse praat steeds oor samesmeltings
Die Amerikaanse saadreus Monsanto het voelers uitgesteek na die Duitse maatskappy BASF in die hoop dat hulle hul afdelings vir landbouchemikalieë kan saamvoeg.
Dít terwyl daar geen vordering is in onderhandelinge wat nóg ’n Duitse reus, Bayer, vroeër vanjaar begin het nie. Bayer het US$122 per aandeel vir die hele Monsanto aangebied, wat neerkom op ’n markwaarde van US$62 miljard.
Die Amerikaanse maatskappy is nie ongeneë vir ’n transaksie nie, maar hou vol dat hy meer werd is. Die prys is 37% meer as Monsanto se aandeelprys op 9 Mei, kort voor die aanbod.
Volgens mense met binnekennis wat met Bloomberg gepraat het, ondersoek Monsanto verskeie transaksies. Die onderhandelinge met BASF is in ’n vroeë stadium en geen finale besluit is al geneem nie.
Gesprekke met Bayer duur glo ook voort. Bayer se aanbod is kontant, wat aandeelhouers moontlik sal laat glimlag. Daarteenoor sal Monsanto glo aandele uitreik as hy BASF se landbouafdelings wil koop.
Monsanto en BASF het sedert 2007 ’n vennootskap in plantwetenskap wat geneties gemodifiseerde saad, onder meer koring, sojabone en rys, ontwikkel.
Monsanto het verlede jaar ’n aanbod vir die Switserse maatskappy Syngenta gedoen, maar die transaksie het deur die mat geval. Syngenta is uiteindelik aan China National Chemical Corporation verkoop.
As Bayer wel uiteindelik vir Monsanto koop, sal dit die grootste verkryging nóg deur ’n Duitse maatskappy en een van die grootste verkrygings vir die jaar wees. Dit sal die wêreld se grootste verskaffer van landbouchemikalieë en saad skep.
DuPont en Dow Chemical, nog twee reuse in die bedryf, onderhandel ook tans oor ’n samesmelting. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie