Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag
Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag

Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag

Ronelle Rademeyer
Swerms treksprinkane (Locusta migratoria) uit Botswana verwoes die afgelope tien dae en langer gewasse in die suide van die Zambezistreek en het reeds tot by die Kapani-gebied versprei.
Die sprinkane kan tot 150 km per dag aflê, sê die ministerie van landbou, water en bosbou in ‘n verklaring. Daarom het die ministerie met bewusmaking begin en lig hy inwoners deur middel van die radio in oor die plaagbeheermaatreëls wat toegepas word.
Boere en die algemene publiek word versoek om die teenwoordigheid van swerms sprinkane in hul omgewing onverwyld by die ministerie aan te meld.
Foto: Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2025-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer