Landbou waarsku teen AR se plan met Rooilyn
Die LPO meen as die veeartsenykordonheining verwyder word, verloor die land sowat N$6 miljard aan inkomste.
Mnr. Thinus Pretorius, die voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) sê hy is teleurgesteld dat 'n leier soos die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, so emosioneel meegevoer kan raak.
Amupanda het 'n dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien waarin hy vra dat die veeartsenykordonheining (VCF) onwettig en ongrondwetlik verklaar word en nie deur wetgewing ondersteun word nie.
Amupanda dring aan die hof moet die ministerie van landbou, water en grondhervorming opdrag gee om die heining binne 90 dae te verwyder.
“Altesaam 72% van Namibië se bevolking is indirek of direk van landbou afhanklik. Ons bemark naastenby nasionaal 500 000 beeste en 750 000 skaap in 'n jaar, waarvan die plaaslike verbruik tussen 25% en 30% is. Die res word uitgevoer wat ongeveer N$6 miljard in die land inbring. As Namibië sy dieregesondheidstatus verloor, verloor ons N$6 miljard aan inkomste,” het Pretorius gesê.
Die VCF, ook bekend as die Rooilyn, is in 1896 deur die Duitsers opgerig om te verhoed dat runderpes na die kommersiële gebiede versprei. In 1962 is die Rooilyn verskuif tot waar dit vandag is.
“Die lyn het niks met politiek te doen nie. Dit is sodat Namibië die dieregesondheidstatus soos deur die Europese Unie (EU) voorgeskryf, kan behou sodat ons ons vleis kan uitvoer. Die regering het ook al studies gedoen om die heining teenaan Angola te skuif.
“Ons plaaslike bevolking wat langs die grens woon, het daarteen gestem, omdat hulle in beide Namibië en Angola boer. Die uitbreking van bek-en-klouseer in 2015 en laas jaar het vanaf Angola in Namibië ingekom.
“Niemand gaan voordeel trek as ons die Rooilyn gaan verloor nie, in teendeel. Dit is regtig jammer dat 'n leier so emosioneel kan wees.”
Die beskuldigdes in Amupanda se saak is die landbouminister mnr. Calle Schlettwein, die regering, mnr. Festus Mbandeka, die prokureur-generaal, en Hango Nambinga, 'n beampte van die direktoraat veeartsenydienste.
Amupanda vra die hof of die Rooilyn deur enige wette bekragtig word. “Sulke wette oortree die waardigheid van Namibiërs, hulle is diskriminerend en ongrondwetlik.”
Amupanda beskryf die Rooilyn as 'n brutale, skandelike en drakoniese beleid om teen mense wat noord van die lyn woon en hulle lewende hawe te diskrimineer. Volgens hom is die heining opgerig om mense en hulle lewende hawe te isoleer wat suid van die lyn woon van oënskynlike siektes wat vanaf die noorde kom.
Amupanda beweer die Rooilyn word gebruik om te verseker swart mense is vry van siektes en om te verseker siektes word nie na die suide van die land oorgedra nie.
“Swart mense word gedurig gesif om te verseker dat hulle nie siektes na suid van die lyn oordra nie,” het Amupanda gesê.
Volgens hom is dit ook opgerig om swart mense se beweging te beperk sodat hulle nie diere en dierprodukte vir huishoudelike of kommersiële verbruik kan vervoer nie. Hy sê dat hy lewende hawe noord van die rooilyn besit en dat hy op landbouprodukte staatmaak om sy familie te onderhou.
Volgens hom word hy tydens sy reis tussen sy nedersetting in die Noorde en Windhoek gedurig deur beamptes van die ministerie van landbou en regering “onmenslik en vernederend” behandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie