Landbou se wisselvallige bydrae wek kommer
Landbou se wisselvallige bydrae wek kommer

Landbou se wisselvallige bydrae wek kommer

Ekonomiese groeivooruitsigte vir 2019
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Die negatiewe groeikoers van die Suid-Afrikaanse ekonomie het baie verras en sedertdien is daar wyd bespiegel oor die oorsake en gevolge hiervan.

Baie ekonome is oortuig dat die ­onverwagse groot insinking die diepgang van die ekonomie illustreer.

Behalwe vir herhalende negatiewe groei in voorafgaande kwartale en gegewe dat die eerste kwartaal van 'n jaar dikwels nie as 'n betroubare barometer van die verwagte prestasie die res van die jaar gesien kan word nie, verdien die jongste statistiek verdere aandag.



IN DIE KNYP

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is in die knyp. Die jongste kwartaal se bruto binnelandse produk (BBP) illu­streer die sensitiwiteit vir druk van buite, soos die olieprys en die wisselkoers, terwyl die negatiewe groei in die landbou se BBP ook slegte nuus is.

'n Verdere probleem is dat landbou in die tweede kwartaal ook swak kan presteer weens die laat plant en gevolglike laat oes.



LANDBOU EN DIE EKONOMIE

Gewoonlik is die grootste deel van die somergraanoes al teen einde Junie van die lande af. Klimaatstoestande het die laat plant afgedwing en die laat oes sal beslis die landbou se bydrae vertraag. Daarmee saam sal kredietverskaffers ook meer geduld aan die dag moet lê omdat skuld eers later betaal sal kan word.

Nog 'n bedryf wat betekenisvol bydra tot die landbou se BBP, is lewende hawe. Ook hier is prestasie nie na wense nie.

Plaashekpryse is be­duidend laer as 'n jaar gelede en die impak daarvan sal ook sigbaar wees.

Landbou het vervolgens 0,3% bygedra tot die dalende groeikoers vir die ekonomie in die geheel.

Die ekonomie se onvermoë om kop op te tel, word duidelik as in ag geneem word dat slegs drie bedrywe 'n positiewe groeikoers in die eerste kwartaal gehad het.

Dié drie is die regering, finansiële dienste en persoonlike dienste.

Noodsaaklike bedrywe soos vervaardiging (-8.8%), mynwese (-10.8%) en handel (-3.6%) het saam met landbou se 13.2%-inkrimping skade gedoen.

Kenners is van mening dat tensy juis hierdie bedrywe wesenlik beter presteer, 'n tegniese resessie ­onafwendbaar is.

Landbou se wisselvallige bydrae is veral kommerwekkend en daar is ook kommer oor die veerkragtigheid van dié bedryf om tot ekonomiese groei by te dra.

Die Nasionale Bemarkingsraad wys daarop dat sedert die eerste ­kwartaal van 2013, die kwartaal op kwartaal groeikoers van 6,9% tot negatief 9,4% gedaal het in die eerste kwartaal van 2019.

Gedurende dieselfde tydperk het landbou se kwartaallikse groeikoers gepiek op 36,7% gedurende die tweede kwartaal van 2017, met 'n laagste, onderste daling van 19,7% in die derde kwartaal van 2015.

Wat verder kommer wek, is dat die swak prestasie van die landbou in die eerste kwartaal vanjaar gebeur het te midde van landbou-uitvoere uit die Wes-Kaap. Daar word met verwagting uitgesien na wat die res van die jaar kan oplewer.



BELEGGINGSBESLUITE

Bykomende onsekerhede soos beleid­onsekerheid kan verswarend inwerk op beleggingsbesluite.

Die afgelope droogte vereis indringende struktuurveranderings in gebiede wat as marginale graanproduksiegebiede bekend staan. Diesulke beleggingsbesluite kan net realiseer as boere oortuig is dat hul beleggings veilig is.

Volhoubaarheid moet herstel word in dié dele ten einde noodsaaklike onderbou te gee vir die ekonomie in daardie gebiede om te herstel en te groei. Hieroor heers daar egter twyfel omdat kredietverskaffers gewoon nie bereid is om aan sulke boere uitstel te gee om te herstruktureer nie.

Baie van hierdie boere is reeds op hul knieë weens droogtes, en skuldopneemvermoë is ernstig geknou - en in baie gevalle gewoon afwesig.

Kortom: Die jongste en ­verdiepende ekonomiese insinking het dringend aandag nodig. Swak ekonomiese ­prestasie en/of die gebrek daaraan in Suid-Afrika sal sy tol oorgrens eis, met min tot geen vermoë van die kleiner ekonomieë van buurlande om hulle te verweer nie.

Tensy 'n meesterplan opgestel en gesinkroniseerd gedryf word, sal die ekonomie nie voldoende aan die gang kom nie.

Vir boere bly die boodskap egter eenvoudig: Hou jou besig met die besigheid van kosproduksie en doen dit volhoubaar. Ekonomiese groei en die gepaardgaande voordele soos ­verbeterde vraag omdat besteebare inkomste verbeter, sal ons nog 'n ruk lank ontwyk.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%