Landbou ontvang tenkwaens vir waternood
Amerika skenk N$18 miljoen
Yolanda Nel - Die Amerikaanse regering het sowat N$18 miljoen aan die ministerie van landbou, water en bosbou geskenk in ‘n poging om droogtebystand aan verskeie gemeenskappe in die land te verleen.
Die ministerie het deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) agt watertenkwaens ontvang. Die waens kan elk 10 000 liter water vervoer en sal water na gemeenskappe neem wat deur die droogte getref is.
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas Daughton, het Woensdag tydens die oorhandiging by NamWater, van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n bykomende N$28 miljoen deur middel van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) beskikbaar te stel. “Ons kyk na maniere om Namibiërs nie net met die droogte te help nie, maar ook met toekomstigste probleme wat toegang tot water en voedsel kan beperk,” het hy gesê.
Die geld sal onder meer gebruik word om gesondheidswerkers in droogte- en vloedgebiede op te lei, sowel as om die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) te steun om voedselnood in droogte-geteisterde gebiede te ondersoek.
Me. Micaela Marques de Sousa, ‘n verteenwoordiger van Unicef, het gesê dat droogtetoestande sowel as vloede sanitasie kan beïnvloed. Volgens haar word Namibië gelys as ‘n land met lae sanitasie en meer as 52% van die bevolking het nie toegang tot behoorlike sanitêre dienste nie. “’n Tekort aan sanitasie het ‘n impak op die gesondheid van die bevolking,” het sy gesê.
De Sousa het die Namibiese regering geloof vir sy pogings om die verskaffing van skoon en veilige water ‘n prioriteit te maak. Skoon water is aan meer as 84% van die bevolking beskikbaar en daarom is dit moontlik om higiëniese praktyke te beoefen.
Die adjunkminister van landbou, water en bosbou, me. Anna Shiweda, het die Amerikaanse regering en USAID bedank vir die skenking en gesê dit kom op 'n goeie tyd. Hoewel die ministerie vyf watertenkwaens tot sy beskikking het, was dit nie genoeg om water aan alle gemeenskappe te verskaf nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie