Landbou kan stukkende ekonomie help bou
Verbruikers se stem is nodig
Dr. Kobus Laubscher – Dit is algemene kennis dat landbou se bydrae tot die ekonomie veel verder strek as die produk wat die plaashek verlaat. Noodsaaklike transformasie in terme van die waarde, plek en formaat skep welvaart en maak dat landbou se direkte en indirekte bydrae tot die ekonomie veelvoude is van nie minder nie as 3% op primêre vlak.
As landbou se bydrae krimp, benadeel dit die ekonomie. Andersom kan ’n swak ekonomie landbou ook benadeel en wel tot die mate wat verbruikers nie voldoende kos koop of kan koop nie.
Besteebare inkomste en die pryse van voedsel speel hier weer ’n rol. Kortom; dit is ’n interafhanklike stelsel en as landbou se aandeel in die ekonomie met 29% krimp soos in Suid-Afrika se geval, móét dit die ekonomie benadeel.
In 2017 het landbou se aandeel tot die ekonomie met 17% gegroei en was dit een van die stutte van ’n ekonomie waarvan die groeiremme aangeslaan het.
Die verswakte landbou-ekonomie in die tweede kwartaal vanjaar is egter die gevolg van buitengewonde negatiewe eksterne faktore soos die droogte in die Wes-Kaap, terwyl die rekord somergraanoeste op sy tyd weer stukrag gegee het.
Die ander kant van die munt is egter dat die rekordoeste en vanjaar se oes, pryse afgedruk het tot vlakke waar volhoubaarheid in gedrang kom.
Die vraag na grane tel nie genoeg kop op nie en insetinflasie is sodanig dat die bekende koste-knyptang sy tol eis.
Baie boerderye het nie die vermoë om die skuld wat met die droogte aangegaan moes word, behoorlik te diens nie.
Lewendehawe produsente moes kuddes likwideer gedurende die droogte en ondervind nou kontantvloei probleme omdat hulle weer kuddes moet herbou.
Bostaande is maar die normale gang van sake. Sikliese weerpatrone wat versteur word deur bewese aardverwarming en sakesiklusse van ekonomieë wat krimp en uitsit is uiteraard deel van die mengsel faktore wat inspeel op besluite waarmee boere daagliks gekonfronteer word.
Ondersteunende beleid kan van die impak van eksterne faktore versag. Behalwe vir stimulerende beleid wat sê uitvoere bevorder en invoervanging aanmoedig en selfs befonds, is beleidsekerheid uiters noodsaaklik. Beleidsekerheid is ’n noodsaaklike vereiste vir landbou investering. Boere moet en kan investeer om die negatiewe impak van die genoemde faktore teen te werk, soos om meer produktief te word deur byvoorbeeld meer te meganiseer, ensovoorts.
Wanneer beleggings aangegaan word, geld normale maatstawwe. In die geval van die landbou kom daar nog ’n goeie deel geloof ook by, maar nietemin. Verbruikers besef nie altyd wat sulke besluite behels nie. So byvoorbeeld besluit ’n beesboer om meer koeie te laat kalf deur minder verse te bemark. Hy moet dus sy fisieke produksie-omstandighede verreken, want hy gaan meer diere op die veld hê.
Sy besluit nou beteken egter eers verkoopbare speenkalwers ten minste 18 maande vanaf die neem van so ’n besluit. Hy moet aspekte soos prysverloop en weidingomstandighede oor daardie tyd kan verreken.
Indien so ’n besluit beteken dat nog grond moet bykom, verruim die besluit, want hy moet kies tussen koop en/of huur. Beide opsies verg somme oor die betaalbaarheid van so ’n stap.
Sonder om die onderliggende risiko’s te onderskat, behoort beleid nie deel te wees nie. Die regering kan, maar sal hopelik nie midde in die periode waarin gevolg gegee is aan nuwe beleggingsbesluite, beleidsaanpassings maak soos om grense vir uitvoere te sluit nie.
Oor minder as ’n maand vind belangrike gesprekke in en oor die landbou onder leiding van Namibië Landbou-unie (NLU) plaas. Die agenda is duidelik, naamlik die oorweging van faktore wat landbou meer doeltreffend kan belyn met die verwagtinge van betrokkenes, veral wat die boere en die regering betref.
In hierdie gesprekke is die eerlike oorweging met feite noodsaaklik, want dit is al manier om oplossingsgerig te dink. Hopelik sal die media bydrae tot kennisoordrag, want die man op straat moet meer begrip ontwikkel vir die uitdagings om volhoubaar kos op die tafel te hê.
Trouens, verbruikers kan hulle stem dikker maak as daar met landbou gemors word. Dis die een stuk gereedskap waarsonder die ekonomie nie aan die gang gehou kan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie