Landbou kan ekonomie op groeipad plaas
Vraaggedrewe inisiatiewe kan heropbou bevorder
Dr. Kobus Laubscher
Almal ken die gevaar van 'n blinde kol as jy motorbestuur. Die nasionale ontwikkelingsplan (NDP) is die voertuig van voorkeur om Suid-Afrika (en Namibië) na 'n hopelik beter bestemming te neem.
Landbou se rol as groeikatalisator en werkskepper is nou meer as net 'n terloopse onderwerp tydens debatte oor hoe om Suid-Afrika weer op 'n volhoubare groeipad te kry. Dié herwaardering van landbou is egter grootliks die gevolg van die negatiewe impak van die droogte.
Minder kos op die tafel wat deur minder verbruikers bekostig kon word, het eenvoudig gelei tot dié ander sienings.
Vooruitsigte van 'n beter aanbod van stapelvoedsel soos mielies (mieliemeel) gaan ongelukkig nie veel beteken in terme van plaashek-volhoubaarheid nie, tensy daar voldoende vraag is. Behalwe mielies vir menslike verbruik, is die vraag daarna 'n afgeleide vraag wat weer afhang van ander faktore soos inflasiedruk op besteebare inkomste, uitvoervraag, die veevoerfaktor, ens. Indien die voorneme om te plant (vroeë aanduidings is dat meer hektare as verlede jaar geplant kan word) realiseer met gepaardgaande beter oesvooruitsigte, is verbeterde plaashek-volhoubaarheid nie noodwendig vanselfsprekend nie. Die werklikheid is direk afhanklik van wat met die vraag kan gebeur.
Drie faktore gaan veral hier 'n rol speel, naamlik werkloosheid, inflasie en veral verwagte inflasie en die voorgestelde nasionale minimum loon. Dié drie faktore is die blinde kol.
Die landbou se bydrae tot die ekonomie word baie keer verkeerdelik as laag en dalend afgemaak. Primêre landbou se aandeel in die ekonomie daal met verloop van tyd, maar dit dui allermins op verlaagde bydrae. Wat van belang is, is die stroomaf bydrae wat die gevolg is van wat die primêre landbou lewer.
Landbou se bydrae sover vanjaar was positief, maar dié aandeel tot die BBP moet nie net op grond van sy bydrae as primêre sektor beoordeel word nie.
Die meeste landbouprodukte verlaat die plaashek in 'n formaat wat nog nie verbruikbaar is nie. Ten einde waarde te hê vir die eindverbruiker, is enorme waardetoevoeging aan die orde van die dag en juis hierin lê die waarde van die sektor.
Produsente-aandeel verskil van produk tot produk en is 'n afgeleide van die koste en omvang van toegevoegde waarde.
Wanneer besin word oor die beste strategie om die landbou 'n regmatige plek te gee in die mandjie van bydraes tot ekonomiese groei, is onderskeid ten opsigte van die vrug van die arbeid belangrik. Hierdie vrug van die arbeid staan bekend as sogenaamde vermenigvuldigers en word omskryf as die impak van besteding op die inkomste wat genereer word. 'n Voorbeeld is die baie toelaes wat die staat normaalweg betaal, maar veral die Covid-19-toelaes.
Sulke toelaes gee aanleiding tot verhoogde vraag na goedere en dienste en 'n positiewe vermenigvuldiger is wanneer die verhoogde inkomste die aanvanklike uitgawe oorskry. Die verhoogde besteding lei uiteindelik tot ekonomiese groei.
Op plaasvlak beteken dit dat 'n winsgewende boerdery in staat is om mense in diens te hou en behoorlik te vergoed. Hierdie vergoeding word vervolgens bestee na gelang van die werknemer se geneigdheid om geld uit te gee of te bespaar.
Die verhoogde besteding vind gewoonlik plaas op die platteland, met die gevolg dat die winkeleienaar meer kan bestee aan behoorlike voorsiening.
Verbeterde boerdery-omstandighede, veral waar waarde op of naby die plaas kan geskied teen verhoogde inkomste, het dus die verdere voordeel van werkskepping met gepaardgaande verbeterde bestedingsvermoë van die kollektief.
Hoewel hooflyninflasie die laagste in 'n lang tyd is, dui ontledings van die nasionale bemarkingsraad egter daarop dat basiese voedselitems gedurende die jaar tot September 2020, met 10% toegeneem het. Verskeie items binne dié mandjie se prysstygings was ver buite die inflasieteikens van die Reserwebank.
Dié tendens stem ooreen met die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se kosteraming van die kosmandjie vir 'n gesin van vier. Dié koste het in September R2 785 beloop (10,1% meer as 'n jaar gelede) en die koste was na raming 33,7% van so 'n huishouding se inkomste, wat bereken word met twee van die gesin wat lone/salarisse ontvang en twee wat toelaes ontvang.
Waar lede van so 'n gesin deelneem aan 'n skoolvoedingsprogram, daal die koste na R2 384 of 28,8% van inkomste.
Inflasie het egter 'n beduidend groter impak op die arm deel van die bevolking waar tot 70% van inkomste op noodsaaklike kositems bestee word.
Die bostaande en ander statistieke onderstreep die belangrikheid van vraaggedrewe inisiatiewe vir ekonomiese heropbou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie