Landbou en verwagtinge vir post-Covid indiensneming
Indiensopleiding, digitale bemagtiging die toekoms
Dr. Kobus
Laubscher
Die meeste ontwikkelende lande het reeds voor Covid-19 geworstel met werkskepping, maar waarvan die omvang sektor-spesifiek was.
Die uitdaging is en bly om meer werksgeleenthede te skep. Dit is slegs moontlik indien 'n ekonomie groei om sodoende die vraag na arbeiders te skep. Sektorale verskille in terme van arbeid-absorpsie bestaan ook.
Wat landbou betref, word hoë verwagtinge gekoester as dit by nuwe en volhoubare werkskepping kom, terwyl dit 'n bekende feit is dat moderne landbou mense al hoe meer met kapitaal vervang.
Meganisasie is tegnologies gedrewe en afgesien van die kapitaal wat vereis word, dra dit progressief tot verhoogde produktiwiteit by, wat op sigself weer nuwe uitdagings bied.
REGERING
Die regering se inisiatief vir werkskepping, wat beoog om in die afsienbare toekoms bykans 'n miljoen nuwe werksgeleenthede te skep met behulp van 'n baie verbeeldingryke infrastruktuurontwikkeling, is redelik lou ontvang.
Die rede daarvoor is dat die staat homself as die primêre ontwikkelaar in die projek beskou en as sodanig lig dit wenkbroue. Die staat kan nie werk op volhoubare basis skep nie.
Boonop is die huidige salarisrekening van die staat reeds onbekostigbaar en selfs met meer mense wie se werk befonds word, kan permanente indiensneming nie verwag word nie.
In talle ontwikkelende lande help kleinboere met werkskepping. Dit word beslis ook in Suid-Afrika verwag. Boonop kan die vestiging van ontluikende boere op die aangewese 700 000 hektaar landbougrond, ook help met beter indiensneming in die landbou.
Die vraag is egter watter bydrae die boere kan lewer sonder om afhanklik van die staat te bly. Indien die nuwelinge arbeid op hul grond kan hefboom, kan dit 'n enorme bydrae lewer om die druk op die fiskus te verminder.
Die groot toets is egter hoe die begunstigdes gekies gaan word, want daar kan nie meer mislukkings bekostig word nie. As die begunstigdes nie stelselmatig van die staatskas gespeen word nie, word dit onbekostigbare “handouts”.
HEROPLEIDING
Werksekerheid bly 'n belangrike vereiste vir werkers, terwyl die pandemie getoon het dat die mobiliteit van arbeid ook 'n gegewe geword het. Dit kan 'n uitdaging vir landbou bied om goeie werkers te behou, maar as dit die norm word, kan dit tot groter spesialisasie op die plaas lei.
Dink byvoorbeeld aan die nut van skeerspanne.
Die pandemie het die toekoms van die toepassing van die vierde nywerheidsrevolusie onder ons almal ingepluk.
Dit maak die tyd vir heropleiding ontsettend kort – soveel so dat klassieke paradigmas oor opleiding eenvoudig te onbuigsaam is.
Indiensopleiding, lewenslange leer en digitale bemagtiging is maar enkele van die nuwe inisiatiewe wat noodsaaklik gaan word. Landbou sal dit moet omarm, maar fiskale hulp sal nodig wees. Indien die regte ondersteuning ontvang word, sal dit van die landbou 'n betroubare werkskepper maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie