Land Rover-avontuurwenners

Die eerste Land Rover Trophy in Namibië het verlede maand in die ||Kharasstreek plaasgevind.

Die tydren het oor drie dae plaasgevind, wat twee amptelike dae insluit.

Met 41 voertuie en 76 deelnemers het die geleentheid nie net lede van Land Rover Owners Namibia (LRON) gelok nie, maar ook drie Suid-Afrikaanse inskrywings.

Die algehele wenner van die eerste Land Rover Trophy Namibia 2019 is mnr. Erwin Tietz van Tsumeb met sy ­Discovery 2 4.0 V8.

Hy het ook in die ­kategorie vir aangepaste voertuie gewen.

Volgens me. Gundula Perry, LRON se ­voorsitter, het mnre. Jona James van Swakopmund die standaard­klas-trofee gewen, Erwin Tietz jr. die ope klas-trofee, John Blaauw die tydtoets-trofee en ­duineuitdaging-trofee en Rico Bothma die trofee vir die klim-die-canyon-uitdaging.

“Die geleentheid sal nou halfjaarliks met die Namibië Land Rover-fees afgewissel word,” sê sy.

“Dit het op Keetmanshoop begin waarná deelnemers na die plaas Aikanes aan die rand van die Karasberge vertrek het. Die tydtoets, drag-wedren en duineuitdaging het hier plaasgevind.”

Volgens haar het die deelnemers die ­volgende dag oor die plaas Naren­bees tot by die plaas ­Steinfeld gery. Die klim-die-canyon-uitdaging het op Steinfeld plaasgevind.

“Ons is vol vertroue dat die geleentheid in die toekoms 'n gesogte byeen­koms gaan wees wat deelnemers vanoor die hele wêreld Namibië toe sal lok.”

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer