Land moet feite kry
Land moet feite kry

Land moet feite kry

Dani Booysen
In baie opsigte het pres. Hage Geingob Woensdag opnuut ‘n uitstekende staatsrede gelewer.

‘n Mens kan egter nie help nie om teleurgesteld te wees in die grootlikse afwesigheid van nuwe statistiek oor vordering met die Harambee-voorspoedplan. Net enkele nuwe feite is genoem, en van die syfers was al in Desember gerapporteer.

Hopelik is die rede nie dat die sukkelgang van die ekonomie en begrotingsbesnoeiïngs Harambee tot stilstand gedwing het nie.

Die nuwe minister van gesondheid het reeds baie vermag, maar ‘n gelukwensing met drastiese verbeteringe in gesondheidsdienste strook nie met die werklikheid nie.

Soos altyd het Geingob die klem daarop geplaas dat daar hoop is en dat die land selfs sy grootste uitdagings deur gesprek kan oplos. Alle Namibiërs moet hierdie beginsel ondersteun.

‘n Baie skrapse verwysing na misdaad, geweld en polisiëring kon beter uitgebou gewees het.

Inderdaad is Namibië onder die Geingob-bewind baie beter oorsee gehoor en bemark as ooit tevore. Dit verdien ‘n regmerkie.

Oor die stryd teen korrupsie het die staatshoof slim geantwoord, maar daar is baie sake wat oënskynlik in die doofpot beland het – en terstond daaruit geruk moet word. Die GIPF-beleggingskandaal is een van die belangrikste.

Ook sinvol was die verwysing na hoe spesifieke burgers die regering se ontwikkelingsinisiatiewe ervaar en daartoe bydra, soos die jong Armando Pieters en sy Poverty Eradication Warriors.

Beslis is Namibië se potensiaal baie groter as ons probleme. En die versekering is gegee dat die wet en orde vas staan.

So sê ander

12 April 2017

Die Lehren der Tat aus Dortmund

Auch dieser Anschlag zeigt, dass Terror zu allem fähig ist. So ist die harte Wirklichkeit.

Wir werden uns leider mit Anschlägen noch Jahre beschäftigen müssen.

Vielmehr wird uns dadurch abermals bitter vor Augen geführt, was wir leider schon seit Jahren wissen. 1. Es gibt keine absolute Sicherheit. 2. Es kann immer und überall passieren. 3. Die Täter sind zu allem bereit.

Aber richtig ist auch, dass wir uns dem Terror nicht beugen werden, auch nicht nach der Tat von Dortmund. Diese Form von Gewalt wird eine Gesellschaft niemals besiegen können.

Wenn die Tat wirklich auf das Konto von Islamisten gehen sollte, muss die Frage nach dem Umgang mit eben diesen gewaltbereiten Fanatikern dringender denn je auf die politische Tagesordnung, auch und gerade vor der Wahl in Nordrhein-Westfalen. Es muss das Ziel sein, diese tickenden Zeitbomben zu überwachen und – wenn möglich – festzusetzen und zu überführen.

• WESTFALEN-BLATT

Kommentaar

Republikein 2026-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer