Laksman daag Amerikaners uit

Die promotor Nestor Tobias het 'n voorstel ingedien terwyl die WBO-kampioen beseer is.
Namibië se onoorwonne vooruitsig Walter Kautondokwa (The Executioner) bly gretig om sy pad deur die hoogste gerekende aanspraakmakers in die middelgewigafdeling oop te veg.

Die lenige, geharde Windhoeker het die Wêreldboksorganisasie (WBO) se wêreldkampioen, Billy Joe Saunders, reeds vir meer as 'n jaar vergeefs om 'n titelgeveg uitgedaag.

Saunders se dyspierbesering wat daartoe gelei het dat sy beoogde geveg teen sy mede-Brit Martin Murray vir 'n tweede keer gekanselleer moes word, het Kautondokwa se kamp laat besluit om na ander weivelde te soek.

As die WBO se bekroonde vegknoper in Afrika het Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Boksakademie aan BoxingScene.com gesê: “Ons gaan die WBO probeer ompraat om 'n tussentydse titelgeveg vir Kautondokwa te skep, waarvan die wenner die verpligte opponent vir die wêreldtitelhouer moet wees.”

Indien die WBO die groen lig vir so 'n tussentydse titel gee, sal Kautondokwa wat tans die derde aanspraakmaker op die WBO-ranglys van middelgewigte is, teen een van die toptwee deur die toue klim.



ANDRADE OF JACOBS

Die onoorwonne Demetrius Andrade (25 gevegte, 16 uitklophoue) word tans as die nommer een gereken, terwyl Daniel Jacobs met 34 oorwinnings (29 uitklophoue) en twee verloorgevegte die tweede aanspraakmaker op Saunders se titel is.

Die twee Amerikaners het nog nie teen mekaar geboks nie.

In die vierde posisie is Gary O'Sullivan (28 oorwinnings, 20 uitklophoue, twee verloor), Ierland se WBO interkontinentale middelgewigkampioen.

Jacobs van Brooklyn in New York het verlede Maart in 'n ietwat omstrede wêreldtitelgeveg teen Gennady Golovkin eenparig met punte oor 12 rondes verloor. Jacobs het sedertdien twee gevegte gewen om sy kanse op 'n supergeveg te verbeter. Die Jacobs-kamp is glo besig om Canelo Alvarez vir 'n geveg in September te bearbei.

Tobias glo in Kautondokwa se vermoëns.

“Jy kan selfs al drie van hulle (Saunders, Andrade en Jacobs) saam in die kryt teen Walter sit. Hy is nie bang vir enige bokser nie en dit sal net een hou van hom verg om die wêreld van sy klas te vergewis. Ons kan die bestes pak en klop,” het Tobias gespog.

Kautondokwa was laas in Maart 2018 in Windhoek teen Billi Godoy van Argentinië in aksie en het dié geveg in die vyfde ronde met 'n klassieke linkerhaakhou beëindig. Dit was sy 16de uitklophou in 17 opeenvolgende oorwinnings.

Die Laksman het sedertdien nog nie ophou oefen nie en is gereed om teen enige bereidwillige teenstander in die kryt te klim.

“Soos ek hier sit is ek reg om deur die toue te klim. Ek is topfiks, want ek het sedert die Godoy-geveg nie een sessie in die gimnasium misgeloop nie. Ek is besig om my krag op te skerp en die kuns van boks te vervolmaak. As iemand môre sê daar is vir my 'n kans, sal ek onmiddellik ja sê.

“Natuurlik is my eerste keuse Saunders se titel, maar noudat hy weens 'n besering buite aksie is, is ek bereid om teen enige van die top-15 op die lys te veg,” het die 33-jarige Kautondokwa vol selfvertroue vertel.

“My promotor het reeds al die voorste gekeurde boksers een vir een uitgedaag – insluitend Golovkin – maar hulle is nie bereid om teen my te boks nie. Ek het wel simpatie met hulle; wie wil nou sy reputasie benadeel deur uitgeslaan te word?” vra Die Laksman.

Hopelik sal die WBO spoedig op Tobias se voorstel reageer en 'n tussentydse titel goedkeur. Kautondokwa verdien 'n groter geleentheid tot tyd en wyl Saunders herstel om weer die bestes te pak. - BoxingScene.com

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%