Laekostegrond vir behuising
Erwe vir onder N$17 000 word nou vir die eerste keer aan eienaars beskikbaar gemaak.
Karibib, Okahao en Oshakati spog met altesaam 800 nuwe erfeienaars ná die Development Workshop-program vir die verskaffing van laekostegrond vir behuising sedert laas jaar erwe daar diens.
Dié erwe word teen tussen N$10 000 en N$17 000 elk verkoop, en die inkomste word in ’n wentelfonds betaal sodat nog grond gediens kan word.
Development Workshop se program word deur die Namibiese Kamer van die Omgewing ondersteun, wat op sy beurt finansieel deur onder meer B2Gold ondersteun word.
Elke betrokke dorp se wentelfonds word gesamentlik deur Development Workshop en die plaaslike dorpsraad bestuur. Meer as N$2 miljoen is reeds in die fondse belê.
Aanvanklik het Oshakati N$750 000 ontvang, en Okahao en Karibib beide N$250 000.
Op Oshakati en Okahao is die uitleg van nuwe woonbuurte reeds deur die dorpsraad goedgekeur, terwyl die uitmeet van nuwe erwe op Karibib teen gister voltooi sou wees.
Karibib se nuwe uitbreiding bestaan uit 305 erwe wat deur projekvennoot Urban Dynamics uitgelê is, en op 24 Junie deur die projek se landmetingvennoot Strydom & Associates uitgemeet is.
Net laeinkomste- en eerste kopers kan grond in dié woonbuurte aanskaf.
Hulle moet identiteitsdokumente, finansiële inligting en huweliksbewyse verskaf waar van toepassing, met ’n brief wat die terugbetaling van hul lening uiteensit.
Hiervolgens moet eienaars lenings binne 8 tot 12 maande afbetaal.
Development Workshop sê meer as N$700 000 is in die laaste twee maande terugbetaal, wat eerste betalings aan diensverskaffers moontlik gemaak het.
Die projek maak ook voorsiening vir laekoste-sanitasie in die nuwe woonbuurte.
Op Oshakati is alle materiaal vir ’n watertoevoerstelsel reeds aangeskaf.
Projekbestuurders hoop dieselfde sal teen Augustus vir Karibib en Okahao geld.
Puttoilette met riooltenks sal ook in Windhoek se informele nedersettings opgerig word.
’n Gemeenskapsgebaseerde bewustheidsprogram sal ook gevolg word om mense oor die gebruik en instandhouding van die nuwe toilette in te lig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie