Lae vervolgingskoers van oortreders wat misdade teen kinders pleeg
Henriette Lamprecht - Die lae vervolgingskoers van oortreders wat misdade teen kinders pleeg, is dikwels omdat kinders sukkel om te verstaan of te vertel wat met hulle gebeur het of wat hulle gesien het. Sommige sukkel ook om die verloop van gebeure te onthou en akkuraat te herhaal wat maak dat oortreders dikwels vrygespreek word. Volgens Unicef se verteenwoordiger vir Namibië verminder die trauma en ook die ontwikkelende kapasiteit van kinders om gebeure te onthou en te herhaal, hul doeltreffendheid as getuies in dié misdade. Me. Michaele de Sousa was aan die woord tydens die bekendstelling van 'n opleidingsprogram vir kindergetuies in reaksie teen geweld teen vroue en kinders in Namibië. Die opleidingsprogram het ten doel om beroepslui met kennis en vaardighede toe te rus om doeltreffend met kinders as slagoffers of getuies van seksuele geweld te werk.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie