Labuschagne op Gobabis begrawe
Elvira Hattingh - Die 20-jarige mnr. Adriaan Labuschagne is Dinsdag vanuit die Gereformeerde Kerk op Gobabis begrawe, met tussen 80 en 100 mense wat die diens bygewoon het.
Labuschagne, 'n lorriedrywer van Gobabis, se lyk is op 19 Oktober in 'n veld langs die pad tussen Coligny en Lichtenburg in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie gevind.
Ds. Werner van den Heever sê hy sal Labuschagne as 'n vriendelike en saggeaarde jong man onthou wat altyd geglimlag het.
“Dit is nie maklik om 'n kind te verloor nie,” het Van den Heever aan Republikein gesê.
Labuschagne word deur sy ouers en 'n suster oorleef.
Intussen het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig hoewel Labuschagne se dood steeds ondersoek word, word geen vuilspel vermoed nie.
Brig. Sabata Mokgwabone, hoofwoordvoerder van Noordwes se SAPD, het gesê 'n lorrie was langs die pad geparkeer.
'n Verbyganger het op Labuschagne afgekom en die polisie omstreeks 08:50 gekontak.
Verskeie van Labuschagne se vriende het hul skok en hartseer intussen op sy Facebook-blad uitgespreek.
Talle sê hulle sal hom vir sy glimlag onthou, terwyl ander gesê het “hy was 'n voorbeeld vir oud en jonk”.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie