'Laatreëns nie ongewoon'
Ná die afgelope sopnat naweek aan die kus en die westelike binneland het mnr. Gys Burger met data bevestig reën in Mei en Junie is nie ongewoon nie.
Francoise Steynberg - Reënval in Mei en Junie is nie 'n vreemde verskynsel in Namibië nie.
Die kusgebiede en westelike gebiede van die binneland tot in die hoofstad het die afgelope naweek reën gekry, maar volgens mnr. Gys Burger, 'n wateringenieur en administrateur van die Facebook-blad “Save Water Namibia”, dui geskiedkundige reënvalsyfers sedert 1891 daarop dat laatreëns nie ongewoon is nie.
Burger het dié reënvalrekord van Windhoek op die webtuiste weather.namsearch.com (http://weather.namsearch.com/Windhoekrainhistory.php) opgespoor, wat meer as 'n eeu se data verskaf.
Hy het die reënvaldata in dekades opgedeel (sien grafiek).
“As hierdie rekord vertrou kan word, weerspieël dit reënval so ver terug as 1891, wat aandui dat dit al 59 keer (54%) in Mei gereën het,” het Burger gesê.
“In Mei 2011 het dit 67 mm gereën, maar die wenner is Mei 1921 toe 124 mm in Windhoek uitgesak het!”
Wat Junie betref, het dit 27 keer (25%) in 110 jaar gereën. So onlangs as twee jaar gelede in Junie 2016 het dit 16,2 mm gereën,” het Burger gesê.
Lesers het pragfoto's van heinde en verre van die naweek se reën ingestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie