Laat die yster wiele rol
Augetto Graig - Dit vorder goed met die opgradering van die spoorlyn tussen Kransberg en Tsumeb – ’n afstand van 391 km wat teen 2020 moet voltooi wees – sê mnr. Leon Steyn van D&M Rail.
Dié maatskappy werk sedert 2012 aan die spoorlyn en is hulle op die oomblik besig met opknappings aan Otjiwarongo se treinstasie om dit op SADC-standaard te bring. Verder word daar ook aan die spoorlyn tussen Otavi en Tsumeb gewerk.
Volgens Steyn is 4 000 ton se spoorstawe ter waarde van meer as N$100 miljoen uit Oostenryk ingevoer vir die werk. Dié stawe verseker dat die nuwe spoorlyn tot 18,5 ton as-massa sal kan hanteer.
Steyn sê die nuwe treinspoor sal meebring dat meer vrag per spoor vervoer kan word, wat sal beteken dat minder vragmotors op die land se paaie sal wees. Een lokomotief wat 21 waens trek, dra dieselfde hoeveelheid vrag as 27 leunwa's.
Die maatskappy voorsien talle werksgeleenthede aan mense wat in die omgewing van die treinspoor woon, veral omdat dit D&M Rail se beleid is om personeel aan te stel waar die werk uitgevoer word.
D&M Rail raak ook op maatskaplike vlak betrokke by die dorpe waarin hulle werk en beskik hulle ook oor ’n sentrum om hul eie ingenieurs op te lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie