Laaste wedstryd op Nuweland? Watwou!
Laaste wedstryd op Nuweland? Watwou!

Laaste wedstryd op Nuweland? Watwou!

Rugby
Stephen Nell – Nee, dis nie die Stormers se laaste wedstryd op Nuweland nie, dis nóg ’n tree nader aan 23 Januarie se Curriebeker-eindstryd – op Nuweland, in die streeptruie van die Westelike Provinsie.
Dis deur daardie lens wat die Stormers en hul afrigtingspan kyk na Saterdag se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Cheetahs in Suid-Afrika se oudste rugbystadion.
Met dié dat die Unlocked-reeks se wenner deur ’n puntelys bepaal word en punte na die Curriebeker-reeks oorgedra word, is dit ’n uitgemaakte saak dat die Stormers nie weer op hul ikoniese tuisveld sal speel nie. Hul laaste wedstryd in die Unlocked-reeks is volgende Saterdag teen die Haaie in Durban.
Van aanstaande jaar af is die Kaapstad-stadion, wat herdoop word as die DHL-stadion, hul tuiste.
“Ons laaste wedstryd op Nuweland sal hopelik op 23 Januarie in die Westelike Provinsie se trui wees,” het John Dobson, die Stormers se afrigter, geantwoord toe hy gevra is of die feit dat dit die span – in sy Superrugby-gewaad – se laaste wedstryd in sy roemryke stadion is, dit belangriker maak om te wen.
Om ’n Curriebeker-eindstryd op Nuweland te speel, is waarna ons mik.
Steven Kitshoff, die Stormers se kaptein, het sy afrigter se woorde beaam.
“Ons werk met langtermyn in gedagte. Om ’n Curriebeker-eindstryd op Nuweland te speel, is waarna ons mik. Ons wil hierdie ’n suksesvolle veldtog maak,” sê die loskop.
In die ligafase van die Curriebeker-reeks sal die WP natuurlik ook nog vier keer op Nuweland speel en sou die Streeptruie onder die twee voorste spanne op die puntelys eindig, sal daar ook ’n halfeindstryd op Nuweland wees.
Tot dusver is dit moeilik om peil te trek op die Stormers. Hulle het wel drie uit vier wedstryde gewen, maar was gelukkig teen die Pumas in Mbombela en het op Loftus sleg teen die Bulle verloor.
Verlede naweek se gemaklike sege oor Griekwas was ’n tree in die regte rigting, maar ’n wedstryd teen die Curriebeker-kampioen, die Vrystaat-Cheetahs, is uiteraard ’n groter uitdaging.
Daarvoor keer die Stormers se grofgeskut terug nadat Dobson verlede naweek van sy troepe laat asem skep het. Die uitsondering is die Springbok-haker Bongi Mbonambi, wat vir Scarra Ntubeni plek maak en na die bank skuif. Die gedagtegang met daardie skuif was dat Ntubeni dringend speelkans nodig het.
Hy was veronderstel om die wedstryd teen die Pumas te begin, maar was saam met Kitshoff in isolasie omdat hulle kontak gemaak het met ’n Leeus-speler wat Covid-19 onder lede gehad het.
Gevolglik is Mbonambi ’n bietjie oorverhit en Ntubeni koud.
Frans Malherbe, wat as een van die beste vaskopstutte ter wêreld gereken word, indien nie dié beste nie, keer terug in die voorry nadat Neethling Fouché goeie rekenskap van homself gegee het teen Griekwas.
Salmaan Moerat is ook terug op slot in die plek van David Meihuizen.
Agterlangs is die Bok-skrumskakel Herschel Jantjies terug op sy pos nadat hy verlede naweek op deernisverlof was – sy oupa aan sy pa se kant is oorlede. Jantjies vervang vir Paul de Wet, wat ná ’n sterk vertoning hom baie ongelukkig kan ag om nie in die groep te wees nie. Godlen Masimla is die reserwe-skrumskakel.
“Paul was briljant in Kimberley. Ons het drie soortgelyke skrumskakels, wat almal vinnig is, op dieselfde manier verdedig en massiewe energie bring. Die uitdaging is om al drie se verwagtinge te bestuur. Dis goed om twee skrumskakels te hê wat vir Herschel druk,” sê Dobson.
Soos verwag, neem die Blitsbok Ruhan Nel die beseerde Edwill van der Merwe se plek op die regtervleuel.
• Stormers:
Warrick Gelant, Ruhan Nel, Dan du Plessis, Rikus Pretorius, Angelo Davids, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Juarno Augustus, Ernst van Rhyn, Marcel Theunissen, JD Schickerling, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff (k).
Reserwes (uit): Bongi Mbonambi, Kwenzo Blose, Sazi Sandi, Neethling Fouché, Chris van Zyl, David Meihuizen, Ben-Jason Dixon, Godlen Masimla, Kade Wolhuter, Michal Hazner, Leolin Zas.
– Netwerk24

FOTO
Scarra Ntubeni is bo die Stormers se ander Springbok-haker, Bongi Mbonambi, gekies vir Saterdag se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Cheetahs op Nuweland. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.12/OZ UP +1.61% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.06% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 1 087.10/OZ UP +2.40% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.12/OZ UP +1.61% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.06% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 1 087.10/OZ UP +2.40%