Laaste klubs deur na top-16
Sokker
Tielman van Lill
Die Debmarinebeker-uitklopreeks wat vanjaar deur sekere klubs in die premierliga geboikot word, het Saterdag sy laaste kans aan hoopvolle spanne op Otjiwarongo gebied om dit tot die finale rondte van 16 te maak.
Young African, Outjo FC en die meer gesoute Mighty Gunners het Saterdag hul wedstryde by die Mokati-stadion in Orwetoveni gewen om nou drome van die kwarteindronde te mag droom.
Net drie plekke was beskikbaar, maar Young African het die ondervinding wat hy in die premierliga opgedoen het goed gebruik om Otjiwarongo sokkerklub met 4-0 uit te skakel.
In die tweede botsing het die spreekwoordelike Dawid (Outjo) vir Goliat (United Stars) in 'n aksiebelaaide stryd getakel wat met die blaas van die eindfluitjie onbeslis op 1-1 geëindig het. Met die gevolglike strafdoelstryd kon die onervare spelers van Outjo hul senuwees die beste in toom hou om met 5-4 te seëvier.
In die laaste opwinding van die dag het Gunners teen Citizens opgedraf waar altesaam vyf doele deur die ywerige spelers opgedis is, maar dit is Gunners se grofgeskut wat meer dikwels die teiken tref om die Windhoekers met 3-2 uit te skakel.
Die 16 klubs wat tot nou oorleef het, is Mighty Gunners, Outjo Academy, Young African, Gendev, Rundu Chiefs, Life Fighters, Young Beauties, Unam, Young Chiefs, Eleven Arrows, Touch & Go, Tura Magic, Civics, Bee Bob Brothers, Eastern Chiefs en Try Again.
Watter spanne mekaar in die rondte van 16 gaan pak, sal binnekort by die loting bekend word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie