Laaste EU-geld vir water

Ambassadeur prys Namibië

20 March 2017 | Ministeries
Augetto Graig - Tot 98,3% van inwo­ners van Namibiese stede en dorpe het binnenshuis toegang tot water en sanitasie.

Volgens opnames in 2013 staan dié syfer op die platteland op 89%.

Volgens die ­Europese Unie (EU) se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskoba, is dit 'n enorme prestasie.

Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, was op 16 Maart verheug om die laaste deel van €32 miljoen (sowat N$ 436,5 miljoen) se hulp vir toegang tot water en sanitasie by die Europese Unie (EU) te ontvang.

Die tjek ten bedrae van €7,84 miljoen (sowat N$111 miljoen), wat by 'n geleentheid by Europe House in die hoofstad geteken is, bring sewe jaar se finansiële ondersteuning aan Namibië wat toegang tot water en sanitasie betref, tot 'n einde.

Mutorwa het gesê 'n spesiale rekening vir Namibië se watertoevoer- en sanitasieprogram is in Januarie 2011 oopgemaak.

Die EU het geld na dié rekening oorgeplaas vir die verbetering van toegang tot drinkwater en sanitasie in Namibië.

Weens die beter bestuur van ondersteuning kan die land nou spog met “merkwaardige sukses”, het Mutorwa gesê.

Veral wat toegang tot drinkwater betref, sê die minister, vorder klein én groot projekte goed.

Hy noem die Neckartaldam wat al 61% klaar is, vordering met die uitbreiding van die Ondangwa-Omuntele-pyplyn, die Iitapa-Okeeholongo-waterverskaffingskema en die Otjimbinge- platte­landse waterverskaffingsprojek. Die Katima Mulilo-Ngoma-pyplyn is reeds voltooi tot by Bukalo, terwyl die tweede fase van die Katima Mulilo-Kongola-pyplyn ook reeds voltooi is.

Toegang tot water is ook aan verplaasde gemeenskappe in die Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek verskaf deur die opstel van die Shamvhura-Shamangorwa-, en die Mupini-pyplyne.

Vordering met sanitasie is egter veel stadiger.

Die minister sê tot almal nie toegang tot voldoende sanitasie het nie, sal die suiwerheid van waterbronne benadeel word en sal mense aanhou sterf aan siektes wat deur water versprei word.

“Dit is noodsaaklik dat ons vinniger vorder met sanitasie, veral op die platteland en in swakbediende gebiede, soos informele nedersettings,” het Mutorwa gesê.

Volgens beskikbare inligting het sanitasie op die Namibiese platteland sedert 2003 van 14% tot net 18,5% in 2015 gegroei.

Boonop het tot 30% van dorpshuise ook nie toegang tot beter toilet­geriewe nie. Adjunk- permanente sekretaris van die ministerie, mnr. Abraham Nehemiah, het verduidelik dat ­informele blyplekke nie by die watertoegangsyfer ingesluit is nie, en dat die grootste gedeelte van die geld op toegang tot water bestee is, in plaas van sanitasie.

Sanitasie is moeiliker om te verskaf omdat dit meer staat maak op opleiding, inligting en die samewerking van die gemeenskap.

“Dit is nie genoeg om net 'n toilet iewers te bou en daar te los nie,” het Mutorwa gesê.

EU-finansiering sal voortaan die fokus ver­skuif na vee in die noordelike kommunale gebiede, en die basiese onderrig van Namibiese kinders, het Hybaskoba gesê.

Soortgelyk

 

Hage sê oor 2017

6 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend (Woensdag) tydens sy jaareind-nuuskonferensie 'n wye oorsig oor die prestasies en uitdagings van die afgelope jaar gegee. Hy het ook...

Geliefde Stienie Mudge sterf

8 ure gelede | Mense

Die 87-jarige me. Stienie Mudge, vrou van die veteraan-politikus mnr. Dirk Mudge, is Dinsdagnag in Windhoek oorlede.Sy laat haar man, hul vyf kinders, sestien kleinkinders...

Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Lede van die staat se mediese fonds (Psemas) kwalifiseer volgens die gedeelte oor voorlopige standaarde in die Wet op Finansiële Instellings en Markte...

Sardynvangste gestaak

18 ure gelede | Visserye

Augetto Graig Vanaf 1 Januarie 2018 tot 31 Desember 2020 sal geen grootskaalse vangste van sardyne in Namibiese waters toegelaat word nie. Die kabinet het...

Jan Möhr en HTS se rapporte by skoolhoofde

18 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Die kantoor van die ombudsman het verskeie klagtes van ouers van leerlinge verbonde aan die Sekondêre Skool Jan Möhr en die Hoër Tegniese...

Kinders sterf tragies in ou kar

18 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg Die lewelose liggame van 'n niggie en nefie van Grootfontein is Sondagnamiddag in 'n ou voertuig op hul erf gevind.Volgens die woordvoerder van...

Weer vir 13

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie in die...

N$650 000 for garden project

18 ure gelede | Landbou

NAMPAFarmers and community members from Hukus in the Aminuis area of the Omaheke Region on Thursday received a donation of N$650 000 for the development...

Kleremaker help ander

18 ure gelede | Mense

Tanja Bause – “Soms kom ’n ouma met haar kleinkind se geskeurde skoolklere na my toe en vra dat ek dit herstel. “Ek kan sien...