Laaste EU-geld vir water
Europese finansiering sal voortaan op kommunale vee en basiese onderrig fokus.
Augetto Graig - Tot 98,3% van inwoners van Namibiese stede en dorpe het binnenshuis toegang tot water en sanitasie.
Volgens opnames in 2013 staan dié syfer op die platteland op 89%.
Volgens die Europese Unie (EU) se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskoba, is dit 'n enorme prestasie.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, was op 16 Maart verheug om die laaste deel van €32 miljoen (sowat N$ 436,5 miljoen) se hulp vir toegang tot water en sanitasie by die Europese Unie (EU) te ontvang.
Die tjek ten bedrae van €7,84 miljoen (sowat N$111 miljoen), wat by 'n geleentheid by Europe House in die hoofstad geteken is, bring sewe jaar se finansiële ondersteuning aan Namibië wat toegang tot water en sanitasie betref, tot 'n einde.
Mutorwa het gesê 'n spesiale rekening vir Namibië se watertoevoer- en sanitasieprogram is in Januarie 2011 oopgemaak.
Die EU het geld na dié rekening oorgeplaas vir die verbetering van toegang tot drinkwater en sanitasie in Namibië.
Weens die beter bestuur van ondersteuning kan die land nou spog met “merkwaardige sukses”, het Mutorwa gesê.
Veral wat toegang tot drinkwater betref, sê die minister, vorder klein én groot projekte goed.
Hy noem die Neckartaldam wat al 61% klaar is, vordering met die uitbreiding van die Ondangwa-Omuntele-pyplyn, die Iitapa-Okeeholongo-waterverskaffingskema en die Otjimbinge- plattelandse waterverskaffingsprojek. Die Katima Mulilo-Ngoma-pyplyn is reeds voltooi tot by Bukalo, terwyl die tweede fase van die Katima Mulilo-Kongola-pyplyn ook reeds voltooi is.
Toegang tot water is ook aan verplaasde gemeenskappe in die Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek verskaf deur die opstel van die Shamvhura-Shamangorwa-, en die Mupini-pyplyne.
Vordering met sanitasie is egter veel stadiger.
Die minister sê tot almal nie toegang tot voldoende sanitasie het nie, sal die suiwerheid van waterbronne benadeel word en sal mense aanhou sterf aan siektes wat deur water versprei word.
“Dit is noodsaaklik dat ons vinniger vorder met sanitasie, veral op die platteland en in swakbediende gebiede, soos informele nedersettings,” het Mutorwa gesê.
Volgens beskikbare inligting het sanitasie op die Namibiese platteland sedert 2003 van 14% tot net 18,5% in 2015 gegroei.
Boonop het tot 30% van dorpshuise ook nie toegang tot beter toiletgeriewe nie. Adjunk- permanente sekretaris van die ministerie, mnr. Abraham Nehemiah, het verduidelik dat informele blyplekke nie by die watertoegangsyfer ingesluit is nie, en dat die grootste gedeelte van die geld op toegang tot water bestee is, in plaas van sanitasie.
Sanitasie is moeiliker om te verskaf omdat dit meer staat maak op opleiding, inligting en die samewerking van die gemeenskap.
“Dit is nie genoeg om net 'n toilet iewers te bou en daar te los nie,” het Mutorwa gesê.
EU-finansiering sal voortaan die fokus verskuif na vee in die noordelike kommunale gebiede, en die basiese onderrig van Namibiese kinders, het Hybaskoba gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie