Ál meer skuld, minder geld
Uit elke N$100 in hul sak, het verbruikers verlede jaar net N$15,40 oorgehad as hul skuld betaal is.
Jo-Maré Duddy – Teen die einde van verlede jaar moes die verbruiker N$84,60 uit elke N$100 besteebare inkomste in sy beursie gebruik om sy skuld mee te betaal.
Die verbruiker was verlede jaar 10c uit elke N$100 ryker as in 2015 toe N$84,70 uit elke rooi Hendrik Witbooi vir skulddelging bestem was.
Dié statistiek is vervat in die Bank of Namibia (BoN) se jongste finansiële stabiliteitsverslag. Hiervolgens het huishoudings se aangepaste krediet in 2016 84,6% van besteebare inkomste beloop. Aangepaste krediet beteken bank- en mikrolenerskuld.
Die grootste gedeelte van verbruikers se skuld is huislenings. Teen die einde van 2016 was N$48,60 uit elke N$100 besteebare inkomste hiervoor bedoel. Die vorige jaar was dié syfer N$48,50.
Luidens die verslag het verbruikers verlede jaar in totaal oor bykans N$65,94 miljard se besteebare inkomste beskik. Dié toename van N$5,65 miljard of 9,37% teenoor 2015 is danksy maatskaplike pensioene en salarisverhogings, aldus die BoN.
Verbruikers se totale aangepaste krediet het teen die einde van 2016 op sowat N$55,8 miljard gestaan, ongeveer N$4,7 miljard méér as die einde van 2015. Dit verteenwoordig ‘n styging van bykans 9,27% - beduidend minder as die toename van amper 12,6% van 2014 tot 2015.
Dié laer groei in aangepaste krediet – aangevuur deur hoë huispryse, stygende rentekoerse en die sukkelende ekonomie – was genoeg om die BoN te oortuig om die huishoudelike skuldlas nie langer in rooi op sy lys van risiko’s vir finansiële stabiliteit in Namibië aan te dui nie.
Ondanks die “geringe” verbetering teenoor 2015, bly huishoudelike skuld tot besteebare inkomste “hoog”, sê die sentrale bank.
Die BoN-syfers toon duidelik hoe duurder rente sy tol op huishoudings eis. Teen die einde van 2013, toe die gemiddelde prima-uitleenkoers 9% was, moes die verbruiker N$14,50 uit elke N$100 besteebare inkomste vir rente opdok. Teen die einde van verlede jaar, met ‘n gemiddelde prima-uitleenkoers van 10,7%, was dit N$15,30.
Ondanks verbruikers se geldnood, het wanpresterende lenings (NPL’s) by handelsbanke effe afgeneem. Teen die einde van 2016 het NPL’s 1,5% van banke se totale lenings verteenwoordig vergeleke met 1,6% die vorige jaar. Die BoN se plafon is 4%.
NPL’s vir verbandlenings was egter N$120,6 miljoen méér as aan die einde van 2015, terwyl oortrokke rekeninge se NPL’s met N$11,2 miljoen gestyg het. Wanbetalings met kredietkaarte was N$600 000 hoër.
Totale mikrolenerskuld teen die einde van 2016 was sowat N$4,22 miljard teenoor bykans N$4,26 miljard die vorige jaar.
Ondanks dié afname waarsku die BoN dié lenings kan ‘n risiko inhou indien “toksiese lenings oor tyd ophoop”. Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) moet mikroleners monitor, aangesien “salaristrekkers in Namibië steeds kniediep in die skuld is”, sê die BoN.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie