Kyk uit vir die pienk flamink!
Kyk uit vir die pienk flamink!

Kyk uit vir die pienk flamink!

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Met 'n ryk geskiedenis soos dié van Lüderitz en Kolmanskop, maak dit sin dat ’n hoekie op die hawe van Namibië se mees besonderse antieke items besit.

Dis hierdie lewende erfenis wat een familie se liefde vir hul dorp aanvuur.

“Ons is in murg en been Buchters,” sê me. Herta Syventsen. “Ons vind ons vreugde hier en dit is wonderlik om dit met besoekers te kan deel.”

Mnr. Helmuth Syventsen bedryf ’n hengeltoermaatskappy, Bucht Angling, en neem plaaslike en internasionale gaste op heerlike hengeluitstappies op die baai se waters. “Al het hy nie ’n toer nie, sal jy hom op die water kry. Hy lewe daarvoor,” sê sy vrou.

Herta en haar dogter Nicole bestuur die bekende Rocky Shores kuns- en aandenkingswinkel waar inwoners besonderse skatte kan vind en besoekers ’n spesiale aandenking kan kry.

Die winkel het onlangs na ’n nuwe perseel in Nachtigalstraat verhuis. Diegene wat vir Helmuth soek, sal hom heel waarskynlik op die waters kry.

Sien die advertensie elders in hierdie uitgawe van Suiderland vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2026-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer